Nandi-Ndaitwah bekommerd oor migrante-krisis
Nandi-Ndaitwah bekommerd oor migrante-krisis

Nandi-Ndaitwah bekommerd oor migrante-krisis

Nouer samewerking tussen Namibië en Togo is tydens ‘n onlangse besoek van dié land se topdiplomaat in die vooruitsig gestel.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn

Die adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, sê Afrikalande moet self die oorsake van migrasie takel en Afrikane se regte en waardigheid in hul eie lande verseker.

Nandi-Ndaitwah het hierdie opmerkings tydens ‘n vergadering verlede week in Windhoek met die besoekende minister van buitelandse sake van Togo, prof. Robert Dussey, gemaak.

“Die mense van Afrika, veral die jeug, moenie uit die vasteland gedwing word weens moeilike lewensomstandighede nie. Hulle moet keuses hê. Ons sal alle pogings aanwend om te verseker dat vrede en stabiliteit in Afrika en dwarsoor die wêreld heers,” het sy gesê.

Tydens die ontmoeting het die adjunk- eerste minister ook op samewerking tussen Togo en Namibië gewys.

Pres. Faure Gnassingbe van Togo het in Oktober 2012 ‘n staatsbesoek aan Namibië gebring.

Sedertdien het interaksie op politieke vlak en ook onder senior regeringslui op verskeie gebiede stukrag gekry wat tot die opstel van konsepraamwerke vir samewerking in verskeie sektore gelei het.

‘n Samewerkingsooreenkoms tussen Togo en Namibië bestaan reeds vir sosioëkonomiese, politieke, tegniese, wetenskaplike, kommersiële en kulturele betrekkinge.

Konsepooreenkomste oor bilaterale lugdienste, ‘n sektorgegronde ooreenkoms vir samewerking op die gebied van lewende hawe en visserye en een wat landbou, lugvervoer en toerisme dek, is ook reeds opgestel.

Volgens Nandi-Ndaitwah deel Namibië en Togo geskiedkundige bande, aangesien albei lande voormalige Duitse kolonies was.

Die adjunk- eerste minister het daarop gewys dat die Namibiese regering goeie vordering maak om Namibië die verkose logistieke sentrum in Suidelike Afrika te maak.

Sy het die regering en private sektor van Togo uitgenooi om voordeel te trek uit die geleenthede wat Namibië se infrastruktuur bied om handel met die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap te dryf.

Sy het ook die belangrikheid van toerisme vir albei lande beklemtoon.

“Ons is dankbaar dat die aantal besoekers aan Namibië toeneem en dat meer multinasionale lugrederye begin het om geskeduleerde vlugte na en van ons hoofstad te bedryf. Ons oorweeg tans die uitbreiding van ons hoof- internasionale lughawe om kapasiteit te verbeter sodat dit as toegangsroete kan dien wat met die res van die wêreld verbind is,” het Nandi-Ndaitwah gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!