Nandi-Ndaitwah is perdfris
Nandi-Ndaitwah is perdfris

Nandi-Ndaitwah is perdfris

Twee vakante kabinetsposte en kommer oor die visepresident, dr. Nickey Iyambo, se gesondheid het politieke kenners aan die gis.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn

Die adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, geniet goeie gesondheid en is besig om goed te herstel nadat sy in Desember 2017 ‘n noodlottige padongeluk oorleef het.

Die polisie het in Desember in ‘n verklaring gesê ‘n ligte sedanmotor was betrokke in ‘n trompop botsing met die viertrekvoertuig waarin die adjunk- eerste minister van Tsumeb af na Oshivelo op pad was.

Twee insittendes van die sedanvoertuig is in die ongeluk dood.

Die minister het verlede week haar siekverlof onderbreek om ‘n nuuskonferensie toe te spreek en Namibiërs te verseker alles is wel.

Sy het die nasie vir hul gebede en boodskappe van ondersteuning in dié moeilike tyd bedank.

Sy het ook opnuut haar meegevoel met die familie van die ongelukslagoffers betuig.

Sy sal nog tot 28 Februarie met siekverlof wees.

Daar word bespiegel oor ‘n moontlike kabinetskommeling ná me. Pendukeni Iivula-Ithana en mnr. Jerry Ekandjo se afdanking verlede week, asook weens kommer oor die visepresident, dr. Nickey Iyambo, se gesondheidstoestand.

Daar is fluisteringe oor Nandi-Ndaitwah as moontlike plaasvervanger vir Iyambo.

Dié gerugte is egter deur politieke kenners die nek ingeslaan.

“Pres. Hage Geingob is baie lojaal aan Iyambo en sal hom nie vra om te gaan nie. Hy sal Iyambo toelaat om self te besluit hoe lank hy nog kans sien om die pos van visepresident te beklee,” sê wie?

Nandi-Ndaitwah is verlede jaar by die Swapo-kongres met ‘n klinkende sege beloon toe sy as kandidaat vir die visepresidentskap van die party gestaan het.

In die verlede is gemaan oor “twee sentrums van mag” – dié op nasionale vlak en dié in Swapo-geledere.

Pres. Hifikepunye Pohamba het in sy laaste termyn, nadat Geingob as visepresident van die party by die Swapo-kongres aangewys is, besluit om hierdie sentrums van mag te verenig.

Om hierdie rede is die destydse eerste minister, mnr. Nahas Angula, in ‘n kabinetskommeling na die ministerie van verdediging verskuif sodat Geingob die premierskap kon oorneem.

Dít was voor grondwetlike wysigings aangebring is en die pos van visepresident geskep is.

Destyds is die eerste minister as die president se natuurlike opvolger gesien.

Alle aanduidinge is dat, afhangende van Iyambo se gesondheid en sy eie besluit om aan te bly of uit te tree, Nandi-Ndaitwah vir eers as adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking sal aanbly.

Geingob sal eersdaags aankondig wie Ekandjo en Iivula-Ithana in die kabinet vervang.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!