Nandi-Ndaitwah vra vir verenigde benadering
Nandi-Ndaitwah vra vir verenigde benadering

Nandi-Ndaitwah vra vir verenigde benadering

NAMPA
Die adjunk eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, sê lande kan slegs gemeenskaplike globale doelwitte soos die 2030 Agende vir Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte bereik as hulle saamwerk.
Nandi-Ndaitwah was aan die woord in reaksie op die herdenking van Menseregtedag wat vandag gevier word.

Volgens haar het die fundamentele belangrikheid van menseregte groter in die werklikheid van die Covid-19-pandemie geword en wat gelei het tot vanjaar se tema van Herstel beter, staan op vir menseregte. Laasgenoemde fokus op die behoefte om te verseker menseregte staan sentraal in herstelpogings en in die aanloop tot die 2030 agenda.

“Dit kan slegs bereik word as lande soos een saamwerk en verseker sistematiese uitsluiting en diskriminasie word uitgewis,” het sy gesê.
Waar regerings hul toewyding tot die universele verklaring vir menseregte respekteer, het die waardigheid van inwoners herstel, lyding is voorkom en is die grondslag vir ’n regverdige en toeganklike samelewing gelê.

Sy het beklemtoon Namibië sal voortgaan om die belangrikheid van die bevordering en beskerming van alle grondwetlike menseregte, burgerlike, politieke, ekonomiese, maatskaplike en kulturele regte erken en wat die reg tot ontwikkeling insluit om die doelwitte van die 2030 Agenda te verwesenlik. – Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!