Nangolo as koning aangewys
Die minister het gesê koning Elifas se neef se aansoek is nie goedgekeur nie.
Ileni Nandjato – Die twis oor die Ondonga-koningskap het Maandag tot ’n einde gekom toe mnr. Fillemon Shuumbwa Nangolo as die 19de koning van dié tradisionele leierskap aangekondig is.
Nangolo (44) neem by Omukwaniilwa Immanuel Kauluma Elifas oor, wat in Maart vanjaar oorlede is.
Hy word al lank as Elifas se erfgenaam beskou en is in 2002 reeds as sy adjunk aangestel.
Van die lede van die koninklike familie het Nangolo as opvolger betwis en Elifas se neef, mnr. Konis Kalenga, as nuwe koning verkies.
Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, mnr. Peya Mushelenga, het gesê dat Kalenga se aansoek om die volgende Ondonga-koning te word, is nie goedgekeur nie.
Op 14 April vanjaar is Nangolo by sy huis by Onambango tydens ’n tradisionele ritueel as koningopvolger ingehuldig, terwyl die koninklike familie Kalenga terselfdertyd ingehuldig het.
“Dit is waar dat ek Nangolo se aansoek goedgekeur het. Jy kan net een omukwaniilwa erken en ek het ook net een goedgekeur. Die wet sê die aansoek moet deur ’n verifikasieproses gaan en die goewerneur moet dit ook nagaan. Wanneer dit na my toe kom, kon net een aansoek aan die vereistes voldoen en dit is Nangolo s’n,” het Mushelenga gesê.
Voorbereidings word tans getref vir die amptelike kroning wat op 29 Junie in Onambango buite Ondangwa plaasvind.
Geen kommentaar kon van die koninklike familie se senior oudste, me. Selma Sheyavali, gekry word, wie se faksie Kalanga ingehuldig het nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie