Nanso laat son op skole skyn
Nanso laat son op skole skyn

Nanso laat son op skole skyn

Maria Eiseb
Maria Eiseb



Die Namibiese Nasionale Studenteorganisasie (Nanso) het sonligte ter waarde van N$60 000 aan die leerlinge van die hoërskole Immanuel Shifidi en CJ Brandt geskenk.

Volgens mnr. Shoki Kanjimi, sekretaris–generaal van dié organisasie in die Khomasstreek, is dit die tweede keer dat hulle ligte aan skole skenk.

Dit was ook die eerste keer dat Windhoek se munisipaliteit sowat 100 ligte aan die organisasie geskenk het sodat dit aan die skole gegee kan word.

Vanjaar is ongeveer 200 ligte van die ministerie van myne en energie ontvang.

Tydens die oorhandiging hiervan het Kanjimi gesê die meeste leerlinge aan dié skole moet by kerslig studeer. Afgesien daarvan dat dit swak beligting verskaf, is dit ook gevaarlik. Volgens 'n verslag van Windhoek se munisipaliteit kom heelwat brande gedurende ­eksamentye voor.

“Leerlinge gebruik kerse en dít is wat die brande meestal veroorsaak. Daarom wou ons sonlampe aan hulle skenk vir veilige studies, en ook om die omgewing veiliger te maak,” het Kanjimi gesê.

Mnr. Herman Katjiuongua, Hoërskool Shifidi se hoof, het gesê die meeste gr. 10- en gr. 12-leerlinge woon in buurte waar daar nie elektrisiteit is nie en Nanso het die ligte op die regte tyd aan die ­leerlinge geskenk.

Claudia Thomas, 'n gr. 10-leerling aan Hoërskool Shifidi, het gesê sy bly in die Okuryangava-woonbuurt en studeer ook by kerslig.

“Die kerse raak op en soms is daar nie geld om nog mee te koop nie. Dit is baie dierbaar van Nanso,” het sy gesê.

Wilka Nuule, ook 'n gr. 10-leerling, het gesê hy en sy gesin bly in die buitewyke van die stad en dit is nie maklik om by kerslig te studeer nie.

“As jy die kers een keer gebruik, kan jy dit nie weer gebruik nie, dit brand klaar. Maar 'n lamp kan jy 'n duisend keer gebruik en dit is boonop veilig,” het hy gesê.

Kanjimi het gesê die voorligtingonderwysers by die betrokke skole sal hand bysit met die uitdeel van die ligte, aangesien hulle weet wie die begunstigdes is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!