Napha se Danene presteer in Dallas
Die minister van die omgewing en toerisme is trots op die prestasie van die president van die Namibië Professionele Jagtersvereniging in Amerika.
Francoise Steynberg - Die Namibiese professionele jagter en president van die Namibië Professionele Jagtersvereniging (Napha), me. Danene van der Westhuyzen, laat Namibië se vlag hoog in Amerika wapper.
Sy is verlede week by die Dallas-safariklub (DSC) se jaarlikse konferensie en ekspo in Dallas, in Amerika, gekies om op hul nuutgestigde bewaringsadviesraad te dien.
Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, wat ook die ekspo bygewoon het, het gesê hy is baie trots op Van der Westhuyzen.
"Dit is 'n groot eer vir ons as land in ons voortdurende pogings om 'n balans tussen bewaring en menslike ontwikkeling te vind," het Shifeta gesê.
Die stigting van die DSC se bewaringsadviesraad word as een van die hoogtepunte van vanjaar se ekspo beskryf.
"Hierdie raad bestaan uit top- bewaringskenners van oraloor die wêreld en is gestig vir beter bewaring deur middel van jag wêreldwyd," sê die DSC in 'n verklaring op hul webtuiste.
Van der Westhuyzen is een van net 'n paar gekwalifiseerde vroulike professionele jagters in Namibië en die eerste vroulike professionele jagter wat vir gevaarlike wildjag in Namibië gekwalifiseer het.
"Haar passie vir regverdige en etiese jag het haar aansien by verskeie bewarings- en teenstropingsorganisasies die afgelope jare versterk."
Van der Westhuyzen is ook die uitvoerende hoof van Professionele Jagverenigings van Afrika (OPHAA) en is verlede jaar deur Shifeta as 'n raadslid van die Namibiese natuurbewaringsraad aangestel.
Sy is ook 'n trusteelid van die Hunters United Against Poaching-fonds en sakebestuurder van Aru Game Lodges.
As gekwalifiseerde oogkundige doen sy vrywillige werk in dié verband in haar vrye tyd.
Van der Westhuyzen kon nie voor druktyd vir kommentaar in Dallas bereik word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie