Napha verwelkom China se verbod op ivoorhandel
Napha verwelkom China se verbod op ivoorhandel

Napha verwelkom China se verbod op ivoorhandel

Francoise Steynberg
Die Namibiese Professionele Jagvereniging (Napha) verwelkom China se besluit om alle ivoorhandel en -proses­sering teen die einde van die jaar te verbied.

Mnr. Royston Wright, Napha se adjunkpresident, sê hulle hoop die besluit sal ook op ander bedreigde wildspesies soos ietermagôe en renosters toegepas word.

"Ons verwelkom die besluit deur die Chinese owerhede en ondersteun die poging, maar ons hoop hulle sal die verbod deeglik monitor en polisieer," het Wrigth gesê.



druk verminder

Hy meen die verbod sal die groot druk wat op die olifantbevolking is, verminder.

"Hoewel stroping vir ivoor 'n klein rol in die somtotaal van olifantvrektes speel, moet die verbod sterk gepolisieer word om handel op die swartmark te vermy," het Wright gesê.

Die Chinese regering het einde verlede jaar aangekondig dat China 'n einde aan alle binnelandse handel in en prossesering van ivoor teen die einde van 2017 sal maak. Hierdie besluit word deur aktiviste vir Afrika-olifante verwelkom. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!