Narib op dreef in naellope

Khomas se bestes het die naweek vir 'n goeie byeenkoms gesorg.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Dis nie aldag dat naellopers soos Hitjivirue Kaanjuka en Dantago Gurirab op plaaslike bodem oorskadu word nie, maar in die 200 meter het beide hierdie sterre laas Saterdag nie die podium gehaal nie.

Dit was eerder Ernst Narib as die wenner in 21.85 sekondes, die tweede geplaaste Even Tjiviju (21.96) en die skoolseun Ivan-Danny Geldenhuys wat in 'n taai wedloop die medaljes opgeëis het. Kaanjuka en Gurirab, wat lank in Jamaika gestudeer en geoefen het, was onderskeidelik vierde en vyfde in dié item.

Narib het ook die goue medalje in die 400 ingepalm. Hier was óók twee bekendes met internasionale ondervinding, Basilius Karupu en Daniel Nghipandulwa, wat nie die topdrie gehaal het nie.

Khomas se senior baan- en veldatlete het die naweek hul streekkampioenskap in Windhoek se Onafhanklikheidstadion gehou.

Selfs sonder 'n borg het Khomas 'n goed georganiseerde byeenkoms byeenkoms aangebied waaraan atlete van die Rehoboth-klub ook deelgeneem het.

Khomas het ook die kans vir onder 17- en o.19-atlete gegee om deel te neem as 'n bykomende geleentheid vir hulle om voor te berei vir kwalifisering vir later vanjaar se Afrika o.17- en o.19-kampioenskap in Kenia, asook die Junior Statebondspele in Bahamas.

Van die voorste jong atlete soos Ryan Williams, Theron Human en Anjoné Swanepoel van QSB WHS-klub, asook Natalie Louw, Chantel van Wyk en Ivan-Danny Geldenhys van Triomf-klub het ook hul staal gewys. Vir Louw was daar puik oorwinnings in beide die verspring en hoogspring.

Coenraad Blaauw van QSB WHS-klub het die hoogspring met 'n goeie poging van 2.03 meter gewen.



Die voorste uitslae:

Vroue 100 meter: 1 Jolene ­Jacobs (Welwitschia-77) 12.53, 2 Twalikondjela Amukoto (Nampol) 13.91, 3 Mercia Goagoses (Unam) 14.05.

Vroue 200 meter: 1 Globine Mayova (Nampol) 25.63, 2 Nelia Landsberg (WHS-klub) 28.72, 3 Mercia ­Goagoses (Unam) 29.06.

Vroue 400 meter: 1 ­Mberihonga Kanduvazu (Welwitschia-77) 57.45, 2 Henryke Garbers (Windhoek ­Gimnasium) 59.21, 3 Olivia Junias (Nampol) 1:00.69.

Vroue 3000 meter: 1 Helalia Johannes (NDF) 8:11.70, 2 Rondengudus Gustaf (geen klub) 9:46.27.

Vroue 100 meter hekkies: 1 Faith Mudimba (Unam) 20.52, 2 Shawna Pieterse (Unam) 20.57.

Vroue 400 meter hekkies: 1 Anika van Niekerk (Windhoek Gimnasium) 1:11.31, 2 Nelia Landsberg (WHS-klub) 1:12.72.

Vroue hoogspring: 1 Natalie Louw (Triomf) 1.71m, 2 Meriam Minin (Unam) 1.55m, 3 Madelein Kotze (WHS-klub) 1.50m.

Vroue verspring: 1 Natalie Louw (Triomf) 5.43m, 2 Chantelle du Toit (Triomf) 5.08m, 3 Anja Barnard ­(WHS-klub) 5.01m.

Vroue gewigstoot: 1 Selma Shilongo (Golden Cheetah) 10.76m, 2 Ané Otto (WHS-klub) 10.66m, 3 Anjoné ­Swanepoel (WHS-klub) 11.43m.

Vroue diskusgooi: 1 Anjoné Swanepoel (WHS-klub) 30.69m, 2 Selma ­Shilongo (Golden Cheetah) 28.34m, 3 Ané Otto (WHS-klub) 28.25m.

Vroue spiesgooi: 1 Estoni Katjiova (Nampol) 21.25m.

Mans 100 meter: 1 Dantago Gurirab (Golden Cheetah) 10.97, 2 ­Basilius Karupu (Nampol) 11.26, 3 Ismael ­Tjiramba (Unam) 11.30.

Mans 200 meter: 1 Ernst Narib (Nampol) 21.85, 2 Even Tjiviju ­(Korrektiewe Dienste) 21.96, 3 ­Ivan-Danny Geldenhuys (Triomf) 22.33.

Mans 400 meter: 1 Ernst Narib (Nampol) 48.02, 2 Sem Shimanda (Nampol) 48.60, 3 Mahmad Bock (Unam) 49.14.

Mans 800 meter: 1 Oskar Komeya (NDF) 1:58.63, 2 Jeremia Kavanje (Namib Lions) 2:04.12, 3 Urorua ­Hanganee (Welwitschia-77) 2:06.48.

Mans 1500 meter: 1 Oskar Komeya (NDF) 4:19.56, 2 John ­Mwatilile (NDF) 4:21.77, 3 Thomas Thomas ­(Welwitschia-77) 4:36.72.

Mans 5000 meter: 1 Reonard Nampala (NDF) 17:02.36, 2 Mathew ­Kadhingura (Nampol) 17:03.22, 3 Elia Uugwanga (Korrektiewe Dienste) 17:05.44.

Mans 110 meter hekkies: 1 Timon Dresselhaus (WHS-klub) 15.36, 2 Corne Esterhuizen (WHS-klub) 16.63, 3 Delvin Losper (Golden Cheetah) 19.00.

Mans 400 meter hekkies: 1 Hilton Diergaardt (geen klub) 1:01.76, 2 Mell Theunissen (Windhoek Gimnasium) 1:01.83.

Mans hoogspring: 1 Coenraad Blaaw (WHS-klub) 2.03m, 2 Renaldo Shaningwa (WHS-klub) 1.95m, 3 Jethro Kwenani (Golden Cheetah) 1.90m.

Mans verspring: 1 Ivan-Danny ­Geldenhuys (Triomf) 6.45m, 2 Gregg Makari (Unam) 6.16m, 3 Jethro Kwenani (Golden Cheetah) 6.12m.

Mans driesprong: 1 Gregg Makari (Unam) 13.01m, 2 David Ngishoono (Nampol) 11.74m.

Mans gewigstoot: 1 Felix Makumbi (Nampol) 9.69m, 2 Ryan Williams (WHS-klub) 14.82m, 3 Jano Otto (WHS-klub) 11.20m.

Mans diskusgooi: 1 Ryan Williams (WHS-klub) 51.30m, 2 Jano Otto (WHS-klub) 35.89m, 3 Jens Delport (WHS-klub) 34.24m.

Mans spiesgooi: 1 Gerhard Thirion (Triomf) 49.42m, 2 David Ndeilenga (Korrektiewe Dienste) 42.16m, 3 Gregg Makari (Unam) 40.00m.

Vroue spankompetisie (12 items getel): 1 WHS-klub (60), 2 Triomf (46), 3 Nampol (39), 4 Windhoek Gimnasium (27), 4 Golden Cheetah (27), 6 Welwitschia-77 (20), 7 NDF (10).

Mans spankompetisie (14 items getel): 1 WHS-klub (100), 2 Nampol (93), 3 NDF (43), 4 Golden Cheetah (32), 5 Namibia Korrektiewe Dienste (27), 6 Triomf (26), 7 Welwitschia-77 (25), 8 Namib Lions (20), 9 Windhoek Gimnasium (8).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!