!Naruseb open Windhoek Skou

Ronelle Rademeyer
Die minister van landbou, water en bosbou, mnr. Alpheus !Naruseb, het Maandagmiddag ter elfder ure vir pres. Hage Geingob ingestaan en die 2018 Windhoek Skou amptelik geopen.

Vanweë die tweede nasionale grondkonferensie wat vandeesweek by die Safari Hotel plaasvind, kon die staatshoof nie die openingseremonie behartig nie.

'n Ligte reënbui het kort voor die verrigtinge begin het, oor die hoofstad uitgesak, en in Klein Windhoek is 5 mm gemeet.

Namibiërs is daaraan gewoond dat die eerste bui van die seisoen gewoonlik met die Windhoek Skou saamval en dikwels juis plaasvind wanneer die telers vir die veeparade en amptelike openingsprogram met hul vee in die arena aantree.

!Naruseb het klem gelê op vennootskappe in landbou tussen die openbare en private sektor, wat wedersyds voordelig is.

Kommentaar

Republikein 2025-03-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer