!Naruseb se Facebook-blad gekaap
Die minister van landbou, water en bosbou, mnr. Alpheus !Naruseb, se Facebook-blad is gekaap en enige boodskappe of inligting vanaf dié bron moet as vals en misleidend beskou word en geïgnoreer word.
Die permanente sekretaris in dié ministerie, mnr. Percy Misika, sê die "gewetenlose kaper" het die rekening gebruik het om vals inligting te versprei oor beskikbare Europese lenings vir landbou om hongersnood in Afrika te bekamp.
“Dit is valse en kwaadwillige inligting waarmee die agbare Alpheus !Naruseb niks te doen het nie. Die sekretaris vir die korporatiewe afdeling van die Europese Unie se kantoor in Namibië, me. Sretrieka Geingos, het ook bevestig dat die inligting vals en misleidend is,” het Misika gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie