Nashandi is nuwe voorsitter van Fenata
Geskiedenis is gemaak toe die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, vir die eerste keer uit die geledere van die ontluikende toerismebedryf kom.
Nashandi van die Ontluikende Toerisme-ondernemingsvereniging (ETEA) sal vir die volgende twee jaar die leisels as die voorsitter van Fenata neem.
Sy is gisteraand tydens Fenata se jaarvergadering as die nuwe voorsitter aangewys en mnr. Hagen Denker van die Namibië Professionele Jagtersvereniging (Napha) as die ondervoorsitter.
Die ander direksielede is me. Nathaly Ahrens van die Toer- en Safarivereniging van Namibië (Tasa), mnre. Dominic du Raan van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), Rolf Heinrich van die Toergidsvereniging van Namibië (TAN), Howard Sivertsen van die Karverhuringsmaatskappy van Namibië (Caran) en me. Roswitha Lowe van die Vereniging van Namibiese Reisagente (Anta.)
Op die foto van links is me. Nathaly Ahrens, mnr. Dominic du Raan, me. Netumbo Nashandi, mnre. Rolf Heinrich, Howard Sivertsen, Hagen Denker en me. Roswitha Lowe. Foto verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie