Nasietrots bots met 'n groot slag
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die rugbytrots van Namibië en Kenia bots môre wanneer hul paaie in die lank verwagte beslissende wedstryd van die 2017 Rugby Afrika Goue Beker kruis.
Beide spanne is onoorwonne, maar die fyn skrif van die kompetisie se reëls maak die praktiese taak vir Kenia heelwat moeiliker as wat hulle dalk verwag het.
Afrigter Jerome Paarwater se manne het laas week in Bulawayo oortuigend gewen (41-22), maar die feit dat hulle meer as vier drieë gedruk het, gee hulle nie 'n bonuspunt nie.
Die 2017-reël is dat jy moet wen en minstens drie drieë méér as jou opponent moet druk as jy 'n aanvallende bonuspunt wil byvoeg.
Die Keniane het vyf drieë en Zimbabwe het drie gedruk. Dus is Kenia net op 16 ligapunte teenoor Namibië se voltal van 20.
Die onvoorspelbare besoekers – wat ook in hul eerste wedstryd van agter moes inhaal om met 33-33 teen Uganda in Nairobi gelykop te speel – sal dus met groot oortuiging moet wen as hulle hul seëvierende groepdansie ná die eindfluitjie hier wil kom uitvoer.
Kenia is die afgelope jare meer as keelvol om tweede viool teen Namibië te speel en hierdie soort frustrasie kan nooit onderskat word nie. Die Oos-Afrikane se verwoestende hardlopers in die agterlyn het vanjaar groot skade in sekere wedstryde aangerig en hul regtervleuel Darwin Mukidza is die voorste puntemaker in vanjaar se reeks.
Op die tuisfront het Namibië se afrigter Phil Davies gister min kanse gewaag toe hy sy span aangekondig het. Sy geloof om met die o.20-losskakel Cliven Loubser in die begintrui te volhard, is prysenswaardig, met die gesoute Theuns Kotzé wat 'n terugkeer op die reserwebank in Helarius Kisting se plek maak.
Die Vrystaat Cheetahs se vaskopstut Aranos Coetzee is ook weer vir nasionale diens vrygestel en neem die 3-trui by AJ de Klerk oor.
Namibië: 15 Chrysander Botha, 14 Johann Tromp, 13 Justin Newman, 12 JC Greyling, 11 David Philander, 10 Cliven Loubser, 9 Damian Stevens, 8 Wian Conradie, 7 Janco Venter, 6 Rohan Kitshoff (kapt), 5 Ruan Ludick, 4 Mahepisa Tjeriko, 3 Aranos Coetzee, 2 Louis van der Westhuizen, 1 Casper Viviers.
Reserwes: 16 Obert Nortjé, 17 Collen Smith, 18 AJ de Klerk, 19 Max Katjijeko, 20 Christo van der Merwe, 21 Eugene Jantjies, 22 Theuns Kotzé, 23 Lesley Klim, 24 Thomasau Forbes, 25 Gino Wilson.
Kenia: 15 Tony Onyango, 14 Darwin Mukidza, 13 David Ambunya, 12 Leo Owade, 11 Jacob Ojee, 10 Isaac Adimo, 9 Samson Onsomu, 8 Joshua Chisanga, 7 Davis Chenge, 6 Erick Kerre, 5 Simon Muniafu, 4 Wilson Kopondo (kapt), 3 Curtis Lilako, 2 Peter Karia, 1 Moses Amusala
Reserwes: 16 Philip Ikambili, 17 Oscar Simiyu, 23 Bramwell Mayaka, 19 George Nyambua, 20 Martin Owila, 21 Asiligwa Lylle, 22 Kenny Andola, 18 Dennis Muhanji.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie