Nasionale energiebeleid byna gefinaliseer
Nasionale energiebeleid byna gefinaliseer

Nasionale energiebeleid byna gefinaliseer

Belanghebbendes het tot môre om vir die laaste slypskool oor die nuwe energiebeleid te registreer.
Estelle de Bruyn
Namibië se nasionale energiebeleid nader voltooiing en volgens 'n verklaring deur die permanente sekretaris van myne en energie, mnr. Simeon Negumbo, is dit in die finale fase.

Dit volg ná die geslaagde voltooiing van 'n eerste ronde vergaderings van fokusgroepe wat kwessies rakende die beleid en besware daarteen bespreek het. 'n Eerste nasionale slypskool vir belanghebbendes waar die konsepbeleidsraamwerk voorgelê en bespreek is asook 'n tweede rondte samesprekings, is ook afgehandel.

Die konsepdokument is sedertdien gewysig en baie van die belanghebbendes se insette, wat tydens beraadslagings ontvang is, is nou daarin vervat.

Die finale konsepbeleid sal opnuut aan belanghebbendes voorgelê word.

'n Tweede nasionale slypskool vir belanghebbendes sal op Maandag 6 Februarie in Windhoek aangebied word waar die konsepdokument bestudeer kan word. Tydens die finale slypskool sal deelnemers weer die geleentheid kry om kommentaar en insette te lewer.

Belangstellendes word genooi om vir deelname aan die slypskool te registreer. Besoek die webtuiste www.energypolicy.org.na, stuur 'n e-pos na [email protected] of 'n faks na 0886 552 273. Die sperdatum vir registrasie is môre.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!