• Tuisblad
  • Sport
  • Nasionale groep: net tien uit 40 het toetservaring

Nasionale groep: net tien uit 40 het toetservaring

Rugby
Andrew Poolman
Andrew Poolman – Die Namibië Rugby-unie het sy nasionale oefengroep van veertig spelers aangekondig, ná afloop van die proewe laas Saterdag in Windhoek.
Die groep sal komende Maandag begin voorberei op die opwarmwedstryde teen Zimbabwe in Harare op 12 Junie, gevolg deur die herontmoeting in Windhoek ’n week later.
Die 26 uitsoekspelers vir die wedstryde teen Zimbabwe sal op Maandag 31 Mei aangekondig word, het die NRU in ’n nuusverklaring gesê. Vanaf daardie datum sal hierdie spelers nie meer vir hul klubs beskikbaar wees nie. Hierdie spelers sal wel op Saterdag 29 Mei vir oulaas vir hul klubs mag speel.
Namibië bied vanaf 1 tot 11 Julie ’n toernooi van Rugby Afrika in Windhoek aan, waar hy teen Madagaskar en Ivoorkus opgeweeg sal word.
Dit sal Namibië se eerste toetsrugby sedert die 2019 Wêreldbeker-wedstryd teen die All Blacks in Tokio, Japan, wees. Dit is ook die eerste terugkeer tot aksie ná die pandemie, in die opbou na volgende jaar se bepalende veldtog om Afrika se kwalifiserende verteenwoordiger by die 2023 WB-toernooi in Frankryk vas te stel.
Altesame 70 spelers (32 voor- en 38 agterspelers) het laas naweek aan die proewe deelgeneem, maar sommige lede van die NRU hoëprestasieprogram en lede van die 2019 Wêreldbekergroep is as staatmakers bygevoeg ondanks hul afwesigheid vanweë werkverpligtinge, siekte of ligte beserings.
Toetservaring is maar redelik skraps in die aangewese groep, met die verwagting dat Namibië waarskynlik grootliks sonder sy professioneel gekontrakteerde spelers in die buiteland oor die weg sal moet kom.

VOORSPELERS
Stutte: Simon Kanime (Unam), Ignus Tripodi (Wanderers), Ethan Thiart (Sparta), Desiderius Sethie (Unam), Jason Benade (United), Gerhard Opperman (United).
Hakers: Gerhard Thirion (United), Chemigan Beukes (Western Suburbs), J.C. Rossouw (Wanderers).
Slotte en losvoorspelers: Johan Luttig (Grootfontein), Pieter Daan Kok (Grootfontein), Le Beau du Preez (Pukke), Thomas Kali (United), Ruan Ludick (Wanderers), Joshua Jacobs (Kudus), Max Katjiteko (Unam), Ryan Garoeb (United), Prince !Gaoseb (Unam), Dean Blom (United), Cameron Langenhoven (Unam), Peter Diergaardt (Unam).

AGTERSPELERS
Skrumskakels en losskakels: DJ Holtzhausen (Grootfontein), Jacques Theron (Wanderers), Riaan van Zyl (United), Denzo Bruwer (United), Hanreco van Zyl (United), Godwin Sylvanus (Unam).
Senters, vleuels en heelagters: PJ Walters (Western Suburbs), Ethan Beukes (Wanderers), Justin Newman (Kudus), Alcino Isaacs (Unam), Louis Grobbelaar (Grootfontein), Oderich Mouton (Unam), Morgan Esterhuizen (Western Suburbs), Gino Wilson (Western Suburbs), Lloyd Jacobs (Kudus), Nazume Swartz (United), Chad Plato (Unam), Lorenzo Louis (Unam), Ricardo Swart (Western Suburbs).

• Die vyf voorspelers wat tevore toetsrugby gespeel het, is Desiderius Sethie (13), Jason Benade (2), Ruan Ludick (18), Max Katjiteko (15) en Prince !Gaoseb (3).
Agterlangs is daar ook net vyf – PJ Walters (2), Justin Newman (16), Oderich Mouton (1), Gino Wilson (11) en Chad Plato (4).



FOTO’s

FNB Western Suburbs se haker Chemigan Beukes laat loop by die proewe, met FNB Wanderers se senter Ethan Beukes in die agtergrond. Foto Andrew Poolman
Trustco United se skrumskakel Riaan van Zyl versnel op ’n lopie doellyn toe. Die ander spelers is Jacques Theron, Denzo Bruwer en Aljarreau Zaahl. Foto Andrew Poolman

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!