Nasionale huistaks voorgestel om rykes te tap
’n Kenner meen munisipale waardasies bestaan reeds en kan ’n goeie vertrekpunt vir ’n nasionale eiendomsbelasting in Suid-Afrika wees.
Francois Williams – ’n Nasionale eiendomsbelasting as ’n vorm van belasting op rykes word voorgestel in ’n nuwe akademiese artikel wat die Raad op Geesteswetenskaplike Navorsing uitgegee het.
Prof. Ingrid Woolard, wat aan die hoof was van die paneel wat nuwe kwytskeldings van BTW moes ondersoek, regter Dennis Davis, wat aan die hoof was van die Davis-belastingkomitee, en Samson Mbewe, ’n ekonomiese navorser van die Universiteit van Kaapstad, is die skrywers van die artikel. Woolard is dekaan van die Universiteit Stellenbosch se fakulteit van ekonomiese en bestuurswetenskappe.
Munisipale waardasies
Woolard-hulle meen munisipale waardasies bestaan reeds en kan ’n goeie vertrekpunt wees vir ’n nasionale eiendomsbelasting. Dit kom egter te midde van skerp kritiek teen die jongste munisipale waardasies wat Kaapstad en Johannesburg onlangs bekend gemaak het.
Woolard-hulle gee toe die munisipale waardasies is van wisselende gehalte en ’n nasionale eiendomsbelasting sal ’n omvattende poging vereis om die gehalte van waardasierolle in alle munisipaliteite en distriksrade te verbeter.
Wanbalans weens apartheid
Die skrywers meen ’n welvaartbelasting is nodig weens Suid-Afrika se ongelyke inkomsteverspreiding. Die ongelyke verspreiding van rykdom skep ’n wanbalans in politieke mag wat die rykes na die politieke proses onbillik beïnvloed. Die konsentrasie van welvaart in die hande van ’n klein groepie verminder volgens hulle die mobiliteit van welvaart en beperk die produktiewe gebruik daarvan in die samelewing.
Volgens die skrywers is die uiterste vlakke van welvaart-ongelykheid in Suid-Afrika die gevolg van die strukturele ongelykhede wat deur apartheid geskep is. Dié ongelykhede word van geslag tot geslag oorgedra. Hulle meen die staat moet dus ingryp.
Deursigtigheid
Hulle wil hê die regering moet ’n welvaartbelasting skep wat betroubare data oor die welvaart van alle inwoners in die land kan insamel. Dit sal die integriteit van die inkomstebelastingstelsel verbeter, want die Suid-Afrikaanse Inkomstediens kan dan mense se inkomste en welvaart vergelyk.
Hulle gee wel toe ervaring in die buiteland wys staatsinkomste uit ’n welvaartbelasting is in die algemeen laag.
Maar hulle wil alle inwoners verplig om hul welvaart bekend te maak. “Dit sal ’n omgewing van deursigtigheid skep en sal mettertyd ’n baie duideliker beeld voorsien van die netto welvaartbelastingbasis in Suid-Afrika.” Dit sal verdere ontleding moontlik maak om vas te stel wat ’n doeltreffende koers vir die welvaartbelasting moet wees wat nie tot kapitaalvlug en belastingmigrasie lei nie, sê die skrywers.
Kritiek
Ongelykheid in Suid-Afrika
· In 2015 het die rykste 10% Suid-Afrikaners meer as 90% van die land se totale welvaart besit, terwyl 80% van die land se mense byna geen welvaart besit het nie.
· Die gemiddelde swart huishouding besit minder as 4% van die welvaart van ’n gemiddelde wit huishouding.
Die sterkste kritiek wat gewoonlik teen enige welvaartbelasting aangevoer word is juis dat dit die mense vervreem en verjaag wat deur hul entrepreneurskap en sakevernuf tot werkskepping en ekonomiese groei in die land bydra.
Ontleders voer aan die onlangse verhogings van die marginale belastingkoers tot 45% en ander belastings soos boedel- en kapitaalwinsbelasting is reeds vorme van welvaartbelasting in Suid-Afrika.
Woolard-hulle gee toe die waardasie van bates is van die grootste probleme met die skep van ’n doeltreffende welvaartbelasting. Dit is weens swak of te ingewikkelde waardasiemetodes of bloot die hoë administrasiekoste.
Daarom meen hulle eiendom, kontant en sekere finansiële bates is ’n maklike teiken. Hulle meen aftreefondse behoort uitgesluit te word omdat dit druk sal plaas op spaarkoerse, en baie Suid-Afrikaners spaar reeds te min vir aftrede.
Hulle meen luukse voertuie, kunswerke en juweliersware behoort uitgesluit te word weens die probleme met waardasies.
G’n kitsoplossing
Woolard-hulle gee toe so ’n belasting is straks nie die kitsoplossing om genoeg inkomste te genereer om die begrotingstekort uit te wis nie. Maar dit sal aansienlike geloofwaardigheid tot die oorhoofse belastingstelsel voeg. Hulle meen dit moet ook ’n inkomste-neutrale skuif toelaat weg van belasting op indiensneming (persoonlike inkomstebelasting) na belasting op kapitaal en beleggingsinkomste. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie