Nasionale laboratorium vir GMO-toetse open
Die sentrum moet onder meer seker maak die verkeerde GMO's word nie die land binnegelaat nie.
Die Nasionale Raad vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie (NCRST) het gister sy nasionale toets- en navorsingslaboratorium vir geneties gemanipuleerde organismes (GMO's) in die hoofstad geopen.
Die laboratorium moet voorts die wet op bioveiligheid van 2006 toepas en die veiligheid vir mens, dier en die omgewing verseker deur te reguleer watter GMO's of GMO-produkte die land binnekom.
In 'n toespraak wat namens haar gelewer is, het die minister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, dr. Itah Kandjii-Murangi, gesê die laboratorium moet toetsdienste vir GMO's en GMO-produkte bied.
“GMO-toetsing is noodsaaklik om seker te maak slegs produkte en GMO's wat goedgekeur is vir gebruik, word in die Namibiese mark beskikbaar gestel.”
Die laboratorium is so ontwerp om vir GMO's te toets, maar kan ook navorsing en opleiding in die biotegnologie-veld bied.
“Dit sal daarom 'n rol speel in die bou van plaaslike kapasiteit deur navorsing, asook deur die opleiding van professors en navorsers in biotegnologie,” het die minister gesê.
Sy het mense se onkunde oor biotegnologieprodukte in Namibië toegeskryf aan 'n gebrek aan kapasiteit en hulpbronne om voedselsekerheid en –gehalte te assesseer.
“Deur plaaslike kapasiteit hiervoor te bou, kan Namibië in 'n beter posisie geplaas word om ingeligte besluite te maak oor die gehalte kos wat geproduseer of ingevoer word – deur 'n bewysgebaseerde benadering.”
Sy het 'n beroep gedoen op universiteite, apteke en die kosbedryf om ten volle van die laboratorium gebruik te maak.
Die laboratorium is in die NCRST Innovation Hub in Olympia geleë en in Desember verlede jaar voltooi.
GMO, wat landbou betref, handel oor die genetiese strukturele verandering van byvoorbeeld plante in 'n laboratorium wanneer sekere gene bygevoeg word. Dit word so aangepas dat die plant 'n hoë opbrengs lewer en beter weerstand teen eksterne faktore bied wat dit mag beskadig of die produksie van 'n oes kan verminder.
GMO's is egter in omstredenheid gehul en verskeie lande het 'n verbod geplaas op die kweek van enige GMO's, maar laat wel invoere van GMO-produkte toe. In ander lande is alle GMO's verban.
– Eie berig en Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie