Nasionale negatiwiteit
Namibiërs was lanklaas indien ooit al só vasgevang in ’n gees van negatiwiteit.
Die land beleef ‘n kollektiewe gemoedslaagtepunt.
Mense se kommer en teneurgedruktheid skemer oral deur. Of dit nou in informele gesprekke op straat, om braaivleisvure of op gespreksforums in die sosiale en gedrukte media is.
Buiten hul angstigheid oor die sukkelende ekonomie en rampspoedige droogte, is woede oor swak openbare dienslewering, onoordeelkundige staatsbesteding en die vermorsing van belastingbetalersgeld die nommer 1 rede hiervoor.
Wanneer laas is grootskaalse verbeterings by staatskole en -hospitale gedoen?
Verf dop af en terreine is vervalle.
In hospitale moet oorwerkte dokters improviseer wanneer noodsaaklike voorrade en toerusting ontbreek.
Dit is nie van gister af so nie. Trouens, hierdie koerant het al tot vervelens toe in hoofartikels dié krisis benadruk.
In skrille kontras met die behoefte aan die broodnodige verbetering van noodsaaklike dienste, pryk die regering se ydelsheidsprojekte in die vorm van nuwe ministeriële hoofgeboue en luukse kantoorkomplekse vir staatsondernemings as ‘n klap in die gesig van belastingbetalers.
As daar een ding is wat die regering se 2%-voorstel bewys het, is dit die mate waartoe hy uit voeling is met die sentiment van sy kiesers en diegene wat maand na maand tot die nasionale beursie bydrae.
Die regering moet sy huis in orde kry voordat hy van die Namibiese Huis verwag om met ‘n simpatieke oor na sy pleidooi te luister.
Hy durf nie verontwaardig wees oor die mense se verontwaardiging nie.
Netwerk24, 27 Mei 2019
May se vertrek los niks grondliggend op
Lanklaas was daar ’n Britse premier wat só duidelik ’n mislukking was as Theresa May.
Tussen die duiwel en die diep blou see is die Britse politiek in ’n volslae chaos.
Daar is geen meerderheid vir Brexit mét of sónder ’n behoorlike ooreenkoms nie, geen meerderheid vir ’n tweede referendum nie, geen meerderheid vir die idee om dan maar in die EU te bly nie.
May is nie die enigste verantwoordelike nie, maar sy was by wyse van spreke voorsitter van die vergadering wat in ’n voortdurende politieke vuisslanery sonder enige konstruktiewe vordering na enige kant ontaard het.
Onder die Tories gaan daar nou dik strome bloed vloei in die stryd om May op te volg.
Wie ook al in 10 Downing Street intrek, sal egter met dieselfde probleme te make kry as dié wat May se rug gebreek het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie