Nasionale Raad hervat sy sitting
Die Nasionale Raad het vanoggend (Maandag) sy sitting hervat, onder meer om die nuwe Wysigingswetsontwerp op Bewilliging te bespreek.
Dit is vroeër deur die Nasionale Vergadering goedgekeur en na die Nasionale Raad vir oorweging verwys.
Met die aanvang van die sitting is twee nuwe raadslede deur regter Elton Hoff beëdig. Hulle is Kosmas Kayayuka Katura wat wyle
Johannes Kahonzo Sikondo van die Ncamangoro-kiesafdeling in die Kavango-Wesstreek vervang, en Bennety
Likukale Busihu wat in die plek van wyle John Muchila Mukaya (van die Katima Mulilo- stedelike kiesafdeling) in die Nasionale Raad sal dien.
Dié sitting duur tot 9 Desember.
Foto: Verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie