Nasionale skietspanne aangekondig
Jaggeweerskiet
Vier-en-sewentig skuts het twee naweke gelede op die plaas Walmaine in die Gobabis-distrik versamel om aan die vierde kompetisie vir 2019 van die Namibiese Jaggeweerskietvereniging (NHRSA) deel te neem.
Die Vrydagoggend het die eerste topdertig mans en toptien vroue die ses verskillende nagemaakte, lewensgrootte diere-teikens vir die dag getakel.
Die eerste teiken was 'n dassie (uit 'n sittende posisie), tweede 'n impala (staande, van 'n driehoek) met ghong-teikens wat in die derde en vierde ronde gewag het.
In die vyfde ronde was 'n rooihartbees wat skuts vryhand uit 'n lêende posisie moes tref, terwyl die laaste teiken van die dag 'n bobbejaan was wat uit 'n sittende houding met dooierus op 'n houtkruis getref moes word.
Die volgende dag het die res van die deelnemers in die ope klas hulle by die uitgelese groep van 40 gevoeg om verder te skiet, met die wind wat sake lekker bemoeilik het.
Die dag se teikens het uit 'n blesbok (vryhand, sittend), blouwildebees (lê en mik oor 'n dropper), steenbok (staande, vryhand), ghong (lê aan oor 'n sak op houtpalette), springbok (staande van skietstok) en ghong (van 'n wa oor 'n 50 kg-voersak).
Die NHRSA bedank Outdoor Centre, Goba Lodge, Butt Archery Supplies asook Walter Kinnear, eienaar van die plaas Walmaine, wat die kompetisie moontlik gemaak het.
Die voorste uitslae:
Penkoppe: 1 Christo van Rooyen, 2 Joubert Engelbrecht, 3 Marius Engelbrecht.
Juniors: 1 Alex Opperman, 2 Xander van Rooyen, 3 Hanré Cocklin.
Veterane: 1 JWF Kannemeyer, 2 Francois Blaauw.
Seniors: 1 Francois Marais senior, 2 David Francis, 3 Willie Langford.
Vroue: 1 Bets-Marié Coetzee, 2 Julandi Loubser, 3 Tanya Cocklin.
Mans: 1 Francois Marais junior, 2. Gert Martins, 3 Piet Vorster.
Goue klas: 1 Franscois Marais (jr.), 2 Gert Martins, 3 Piet Vorster.
Silwerklas: 1 Basjan van der Merwe, 2 Andries Herbert, 3 Vincent Clack.
Bronsklas: 1 Stefan Louw, 2 Janco Serfontein, 3 Hendrik van der Merwe.
.222/.223: 1 Nicolaas Marais en Francois Marais (jr.), 2 Andreas (Wittes) Marais en Gert Martins, 3 Francois Marais (sr.) en Piet Vorster.
Die aangewese Namibiese manspan vir internasionale verpligtinge met die Sven Ahrens Memorial Cup in November is: Francois Marais (jr.), Francois Marais (sr.), Nicolaas Marais, Strydom van der Wath, Gert Martins, Walter Kinnear.
Nasionale presidentspan: David Francis, Piet Vorster, Johan van Zyl, Dirk de Beer, Hannes Cocklin. Reserwes : Willie Langford, Gertjan Coetzee.
Nasionale vrouspan: Bets-Marié Coetzee, Christine Carstens, Hantie Louw, Melanie Grobler, Tanya Cocklin, Silke Grobler.
Die volgende kompetisie van die NHRSA sal op 8 Junie naby Stampriet gehou word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie