Nasionale titels bly Papo en Vorster s'n
Nasionale titels bly Papo en Vorster s'n

Nasionale titels bly Papo en Vorster s'n

'n Uitdagende baan is opgestel wat deelnemers gewys het hoe die internasionale standaard is.
Andrew Poolman
Dit was nie sommer net vir opdaag en ry toe die Nedbank nasionale veldresies bergfiets­kampioenskap laas Sondag by die IJG Trials in Kleine Kuppe aangebied is nie.

Xavier Papo en Michelle Vorster het hul nasionale titels behou, hoewel die Suid-Afrikaanse genooide ryer Max Knox algeheel eerste van die elite mans oor die eindstreep gery het.

Knox het stelselmatig aan sy voorsprong gebou om die sewe baanrondtes in 'n tyd van een uur 35 minute 10 sekondes te voltooi, met Papo as die eerste Namibiër meer as twee minute ná hom.

Martin Freyer het derde klaargemaak, terwyl Tristan de Lange voor die einde begin uitsak het en vierde geëindig het.

Dit was Papo se tweede oorwinning in twee jaar, terwyl die elite vrouewenner Michelle Vorster vir die derde opeenvolgende jaar gewen het, deur die vyf baanrondtes voor Irene Steyn klaar te maak.

Herbert Peters het die nasionale o.23-titel voor Danzel de Koe weggeraap, terwyl die veteraan Piet Swiegers ook 'n klomp ryers agter hom gelaat het.

“Die baan wat Peter van der Merwe-hulle opgestel het, was baie uitdagend vir jou tegniese vaardighede. Jy moes hindernisse kon hanteer en as jy nie 'n oefenrondte gaan doen het in die vorige drie dae wat dit oopgestel was nie, sou dit maklik vir jou 'n nagmerrie geraak het,” vertel Frank Snyman, ywerige fietsryer wat die mans meestersklas gewen het.

“Selfs ervare ryers soos Ian Grassow en Frikkie van Greunen het geval of kon nie klaarmaak nie. Die baan was werklik volgens internasionale standaard opgestel en dis 'n goeie ding om ons plaaslike resiese ook op daardie vlak te bring.”

Soos gewoonlik was daar by sommige spronge en hindernisse 'n B-ompad wat ryers as die veiliger roete kon kies. “Sommige ryers het nie daarvan gehou dat die B-lyn hulle soms tot 20 ekstra sekondes gekos het nie, maar dit is hoe dit hoort.”

Volgens Snyman is die mees riskante dele op die roete wel gedurende die resies, of in die vroeër oefenrondtes, verander wanneer opgemerk is dat dit ryers se veiligheid in die gedrang kan bring, of erge skade aan fietse sou veroorsaak.



Die voorste uitslae:

ELITE MANS (7 rondtes): 1 Max Knox (RSA, 1:35:10). 2 Xavier Papo (1:37:37). 3 Martin Freyer (1:38:42). 4 Tristan de Lange (1:39:07). 5 Andreas Ewald (1:51:30).

ONDER 23 MANS (7 rondtes): 1 Herbert Peters (1:52:42). 2 Danzel de Koe (1:54:38). 3 Joshua Scherrer (1:55:30). 4 FC Smith (2:00:21).

JUNIOR MANS (5 rondtes): 1 Schalk van der Merwe (1:23:03). 2 Nicolaas Swart (1:24:57). 3 Hofmeyr van Blerk (1:27:38).

ELITE VROUE (5 rondtes): 1 Michelle Vorster (1:21:52). 2 Irene Steyn (1:34:40).

JUNIOR VROUE (4 rondtes): 1 Steffanie Grossmann (1:21:04).

SUBVETERAAN MANS (4 rondtes): 1 Christo Swartz (1:01:57). 2 Pierre Knoetze (1:02:44). 3 Jacques Celliers (1:03:02). 4 Heino Windisch (1:04:18). 5 Heinrich Köhne (1:06:27).

VETERAAN MANS (4 rondtes): 1 Piet Swiegers (1:00:44). 2 Philip Steyn (1:03:13). 3 Fanie Steenkamp (1:04:09). 4 Nick du Plessis (1:05:10). 5 Greg Chase (1:05:11). 6 Mannie Heymans (1:06:44).

ONDER 16 SEUNS (3 rondtes): 1 Hugo Hahn (0:51:44). 2 Divan du Plooy (0:54:03). 3 Dieter Koen (0:56:01).

MEESTERS MANS (3 rondtes): 1 Frank Snyman (0:55:33). 2 Eckhard Waldschmidt (0:57:47). 3 Arno Kok (0:59:42). 4 Alfons Kiesewetter (1:02:36).

SUBVETERAAN VROUE (3 rondtes): 1 Luanne van der Schyff (1:01:52). 2 Benita Kasch (1:04:18). 3 Gabriela Raith (1:05:43). 4 Gesa Kock (1:08:37). 5 Marion Schonecke (1:15:44).

VETERAAN VROUE (3 rondtes): 1 Ester Smith 1:16:46).

MEESTERS VROUE (2 rondtes): 1 Antje Tietz (0:42:32). 2 Mandy Huysamen (0:44:06). 3 Berrit Graf (0:51:03).

GROOTMEESTERS MANS (3 rondtes): 1 Roland Graf 1:00:40

ONDER 16 MEISIES (2 rondtes): 1 Cindy Rowland 0:46:00

ONDER 14 SEUNS (2 rondtes): 1 Justin Vosloo (RSA) (0:31:06). 2 Bergran Jensen (0:32:36). 3 Anton Engling (0:41:56).

ONDER 14 MEISIES (3 rondtes): 1 Monique du Plessis (0:18:39). 2 Fiona Vorster (0:20:13). 3 Michelle Koen (0:22:58).

ONDER 12 SEUNS (3 rondtes): 1 Kevin Lowe (0:16:46). 2 Rico Steinfurth (0:17:46). 3 Nicholis du Plessis (0:20:53). 4 Adrian Key (0:21:40). 5 Hansie de Villiers (0:23:59).

ONDER 12 MEISIES (2 rondtes): 1 Ada Kahl (RSA, 0:15:54). 2 Adrielle Baumgarten (0:21:56).

ONDER 10 SEUNS (2 rondtes): 1 Roger Suren (0:11:53). 2 Sean Lowe (0:12:07). 3 Marco Thiel (0:13:16). 4 Dieter Setzkorn (0:13:50). 5 Nathan Chase (0:13:52).

ONDER 10 MEISIES (1 rondte): 1 Delsia Janse van Vuuren 0:07:52; 2 Rosemarie Thiel (0:11:15).

ONDER 8 SEUNS (1 rondte): 1 Micah Chase (0:08:14). 2 Theodor Janse van Vuuren (0:09:21). 3 Malik Cheikhyoussef (0:10:01).

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer