Nasionale trofeewenners bepaal
Nasionale trofeewenners bepaal

Nasionale trofeewenners bepaal

Gimnastiek
Andrew Poolman
Die Namibiese Gimnastiekfederasie het twee naweke gelede sy nasionale kampioenskap vir artistiese gimnaste (seuns en meisies) by die Jan Wilken-stadion op Walvisbaai aangebied.

Die gasheerklub was Crete van Windhoek, wat in samewerking van die kusstreek se klubs verseker het dat al die reëlings vir alle deelnemers vlot verloop.

Klubs van Keetmanshoop, Otjiwarongo, Swakopmund, Tsumeb, Walvisbaai en Windhoek het gimnaste ingeskryf om vanaf vlak 1 tot die FIG junior vlak mee te ding. Die nasionale trofeewenners vir die onderskeie vlakke was soos volg:



VROUE ARTISTIES

Vlak 1 – Jamie-Nicole Beukes

Vlak 2 – Diana Kaura

Vlak 3 – Alessandra Kaura

Vlak 4 – Layla Fernandes

Vlak 5 – Zoe Waldschmidt

Vlak 6 – Jo-May Lucas

Vlak 7 – Nicole Gruhn

Vlak 8 – Meike Mackensen

FIG Junior vlak – Elisbé Swanepoel



MANS ARTISTIES

Vlak 1 – Jared Ashton Isaacs

Vlak 2 – Jurian Dreyer

Vlak 3 – Martin Lewis

Vlak 4 – Tweya Haufiku

Vlak 5 – Renier Henning

Vlak 6 – Arno Brink

Vlak 7 – Kamaz Nechville

Vlak 8 – Emile Pitt

FIG Junior vlak – Jadie Mostert

Hoëprestasie 1 – Ronald Fourie

Hoëprestasie 2 – Arno Brink

Hoëprestasie 2 SP – Delano Müller

Die NGF se span wat vroeg in volgende maand aan die Streek 5-kampioenskap in Harare, Zimbabwe gaan meeding, is ook aangekondig.

Die vroue artistiese span bestaan uit Jonie Thorburn, Soned van den Berg, Katja Stubenrauch, Amorencia Campbell, Michelle Starke, Meike Mackensen, Elsjen Wilders, Nicole Gruhn, Thalia Loveira, Leni Wall en Minette Hough.

Die mans artistiese span is Arno Brink, Riaan Jantjies, Delano Müller en Armandt Schietekat.

Die Namibiese Gimnastiekfederasie se artistiese afdeling (mans en vroue) bedank alle beoordelaars, afrigters, ouers en veral die gimnaste vir nog ''n suksesvolle jaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!