Nasionale volksmoordberaad voorgestel
Nasionale volksmoordberaad voorgestel

Nasionale volksmoordberaad voorgestel

'n Gesprek oor die volksmoord van 1904 tot 1908 sal 'n goeie opvolg op die grondkonferensie wees.
Augetto Graig
Augetto Graig - Swanu is vol lof vir president Hage Geingob, wat volgens die partyleier en parlementslid mnr. Usutuaije Maamberua, onlangs politieke dapperheid getoon het.

Maamberua beskryf Geingob as 'n president wat luister – veral na Swanu se voorstelle.

Volgens Maamberua het Swanu voorgestel die volksmoordgeskiedenis moet erken, opgeteken en gepubliseer word.

Die party ondersteun ook Geingob se goedkeuring van die oprigting van 'n nasionale monument by hoofman Hosea Kutako se graf.

“Ons is in volle ondersteuning daarvan,” sê hy.

Die Swanu-leier stel voor die president moet soortgelyke ­monumente laat oprig by plekke wat Namibiese helde, soos kapt. Andreas Lambert, Jacob Marenga, Wieli Wilhem ­Maharero, /Haihab // Guruseb en hoofman Fritz Aribib, vereer.

Maamberua het Geingob se reaksie op die droogte in die Aminius-gebied geprys, wat volgens hom 'n ramp sal voorkom.

Hy is tevrede met die bekendmaking van die lys van begunstigdes vir hervestigingsplase, en met vordering in die samestelling van 'n kommissie oor voorvaderlike grondregte. Die Swanu-leier het egter gewaarsku die kommissie moet voorwaardes versigtig benader en insette van ander lande bekom, wat voorvaderlike grondregte reeds beskerm.

“Noudat die tweede nasionale grondkonferensie met al sy kaskenades agter die rug is, het die regte tyd aangebreek vir Namibië om 'n nasionale volksmoordkonferensie te beplan,” het Maamberua gesê.

“Hoe verklaar ons die feit dat ons volksmoord die eerste van die 20ste eeu is, en die eerste in Afrika, maar dis nie op nasionale vlak en uitgebreid bespreek nie?

“Die nou verband tussen die grondkwessie en die volksmoord in die Namibiese konteks maak dit noodsaaklik vir so 'n gesprek na afloop van die grondkonferensie,” het hy gesê.

Hy stel voor 'n akademiese instelling soos die Universiteit van Namibië (Unam) kan opdrag gegee word om 'n nasionale volksmoordgesprek te reël, en dat 'n voorbereidingstydperk van sowat twee jaar voldoende sal wees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!