Nasionale watersekerheid peperduur
Die gebruik van ontsoute seewater, of water van grensriviere, kan meer as N$17 miljard kos.
Elvira Hattingh - Fase een van die nasionale plan vir watersekerheid, wat teen Desember vanjaar afgehandel moet wees, sal sowat N$273 miljoen kos.
Dié fase behels dat die ernstige waternood in die hoofstad en sentrale dele van die land getakel word.
Dié driefaseplan vir watersekerheid in die mees kwesbare dele van Namibië, is einde Oktober verlede jaar deur die kabinetskomitee vir die sekuriteit van watervoorsiening, saam met sy tegniese komitee van waterkenners, bekend gestel.
Dit volg nadat president Hage Geingob die komitees in Julie verlede jaar aangestel het met die opdrag om dringend met 'n plan vorendag kom om Windhoek se waterkrisis af te weer en dan waternoodsituasies in ander dele van die land in fases aan te pak.
Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, het toe ook die versekering gegee dat geld beskikbaar gestel sal word om die planne vir watersekerheid te implementeer.
WAT DIT KOS
Die geskatte totale koste van die nasionale watersekerheidsplan, wat fase een tot drie insluit, is sowat N$24,185 miljard.
Fase een gaan reeds bykans N$273,2 miljoen hiervan sluk.
Tydens hierdie fase word altesaam 39 nuwe akwifer-boorgate in Windhoek teen 'n gesamentlike koste van N$219,7 miljoen ontwikkel.
Infrastruktuur moet ook ontwikkel word om die akwifer in goeie reënjare kunsmatig te hervul.
Indien dit nie gedoen word nie en 'n tweede watertekort word binne ses tot agt jaar beleef, sal die akwifer nie as noodbron gebruik kan word nie.
Fase een sluit ook die opgradering van waterpompe teen 'n koste van N$9,7 miljoen by die Kombat- en Berg Aukasmyn in.
'n Dringende behoefte het ontstaan om die afgeleefde pompe te
vervang.
As 'n noodmaatreël om die water in die Von Bachdam so lank as moontlik te laat hou, is water van dié myne asook nuwe boorgate in die Karstveld naby Grootfontein na Windhoek gepomp.
Die boorgate in die Karstveld-akwifer moet jaarliks sowat 11,5 Mm³ water vir Sentraal-Namibië lewer.
Die doel was dat sowat 700 m³ water per uur vanuit die Karst 1-boorgat gepomp word, terwyl 750 m³ water per uur vanuit die Kombatmyn en sowat 550 m³ per uur uit die Berg Aukasmyn gepomp word.
Deel van die plan is dat 30% van Windhoek se water deur dié bronne in die Noorde voorsien moet word. Die komitee het gesê die watervlakke in die Karstgebied word baie versigtig gemonitor om seker te maak dit word nie “gemyn” nie.
Terselfdertyd is noodsaaklike herstelwerk aan die kanaal tussen Grootfontein en die Omatakodam teen 'n koste van N$13 miljoen op pad en drywende waterpompe ter waarde van N$6,9 miljoen is by die Swakoppoort- en Von Bachdam geïnstalleer sodat die laaste beskikbare water ook uit dié damme onttrek kon word.
Om ondergrondse water rondom Karibib beskikbaar te maak, word ook beplan - teen 'n koste van N$13,9 miljoen.
Verder is 'n gebeurlikheidsfonds van N$10 miljoen vir fase een beskikbaar.
LANG TERMYN
Die voorsitter van die tegniese komitee en adjunk- permanente sekretaris in die departement van water en bosbou in die ministerie, mnr. Abraham Nehemia, het gesê die tweede fase behels die beplanning van watersekerheid vir 'n verdere twee jaar ná Desember. Fase drie behels langtermynwatersekerheid vir die hele land.
Daar is ook aangedui dat die gebruik van ontsoute seewater of die water van grensriviere nodig is vir 'n volhoubare toekoms.
Gevolglik is 'n nasionale plan vir watersekerheid verlede jaar aan die president voorgelê.
Dit het 'n begroting vir beplande projekte ingesluit soos in die Harambee-welvaartplan vervat.
Hiervolgens sal 'n nasionale ondergrondse waterprojek aangepak word teen 'n koste van sowat N$830 miljoen, terwyl 'n pyplyn wat die Kavangorivier met die waterkanaal (ENWC) by Grootfontein verbind, sowat N$1,5 miljard sal kos.
Die verskaffing van ontsoute water in die Erongo- en Khomasstreek sal N$15,5 miljard kos, die kunsmatige aanvulling van ondergrondse water vir Windhoek kan N$250 miljoen kos en die uitbreiding van pyplyne in landelike gebiede kan N$1 miljard beloop.
Terselfdertyd sal die aanlê van pyplyne van die Karstgebied af N$2 miljard kos.
Die koste vir die vervanging van Calueque-Oshakati-kanaal en -infrastruktuur sal sowat N$1,5 miljard wees.
Die haalbaarheidstudies en beplanning van die Noordoewerdam sal na verwagting N$30 miljoen kos, terwyl die voltooiing van die Neckartaldam die land tot N$1,305 miljard kan
kos.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie