NASP-kolskote in beeskontrei
NASP-kolskote in beeskontrei

NASP-kolskote in beeskontrei

Boogskiet
Die Namibiese program vir boogskiet in skole (NASP) het Saterdag reeds sy derde skietkompetisie vir 2019 in Gobabis aangebied, waar 122 skutters van 14 skole van oral in Namibië deelgeneem het.

Soos gewoonlik was die kinders goed deur familie en vriende in ’n feestelike, maar warm en bedompige atmosfeer ondersteun.

Die dag se mededinging het vir ’n paar verrassings gesorg waar nuwe gesigte hul plekke op die podium ingeneem het. Die verrysing van nuwe talent is ’n klinkklare bewys dat boogskiet steeds in gewildheid groei.

Deelnemers skiet elkeen vyf pyle per ronde wat ’n totaal van 30 oor ses rondes gee waarin ’n maksimum van 300 punte behaal kan word.

In die Bullseye-afdeling waar die teiken 80 cm groot is, skiet die kinders drie stelle van 60 pyle en indien al die pyle in die kol is, kan dit 1 200 punte opstapel. Daar is ook ’n diere-afdeling wat die jagveld naboots en waar deelnemers 50 punte per ronde kan insamel.

Denzel Nanub van die Community Hope-skool in Windhoek het die diere-afdeling gewen deur die meeste 50-talle (vier) te behaal.

NASP Namibië gaan in Mei 32 skutters na die Afrika-kampioenskap in die Wes-Kaap stuur waar hulle teen die gasheerland Suid-Afrika, Botswana en Zimbabwe sal kompeteer.

Die kompetisie tussen Namibiërs was tevore nie so straf soos nou nie, waar toenemend hoër gemiddelde tellings behaal word. Dit is ’n sterk aanduiding dat die sport se standaard by die dag verbeter.

Die NASP bedank Gobabis Toyota, Omaheke Megasave, M.P. Kirsten Accountants & Consultants, Henco Engineering, Gobabis-gholfklub, Louis en Juanita Peters asook Leon en Denise Human wat die kompetisie help moontlik maak het.

Die voorste uitslae was:

BULL’S EYE

Junior seuns: 1 Burton Weakley (Privaatskool Moria), 2 Nathan Volek (Windhoek Gimnasium), 3 Douw van der Walt (Primêre Skool Walvisbaai). Meisies: 1 Mari Louw (Gobabis Gim), 2 Jasmine Rennie (St. Paul), 3 Charmaine Nanus (Community Hope). Senior seuns: 1 Denzel Nanub (Community Hope), 2 Dehan von Watzdorf (Danie Joubert Laerskool), 3 Thomas Blaauw (SKW). Meisies: 1 Leonise Human (Gobabis Gim), 2 Sunel Weakley (Moria), 3 Elize Haasbroek (Privaatskool Elnatan).

DIERE-AFDELING

Junior seuns: Burton Weakley (Moria), 2 Douw van der Walt (Primêre Skool Walvisbaai), 3 Nicholis Roux (Berg-Op Akademie). Junior meisies: 1 Mari Louw (Gobabis Gim), 2 Leila Bauer (Berg-Op), 3 Charmain Nanus (Community Hope). Senior seuns: 1 Thomas Blaauw (SKW), 2 Janco Mulder (Elnatan), 3 Willem Lottering (Gobabis Gim). Senior meisies: 1 Leonise Human (Gobabis Gim), 2 Ané Oberholzer (Privaatskool Walvisbaai), 3 Michelle Visagie (Danie Joubert).

ALGEHEEL

Junior seuns: 1 Burton Weakley (Moria), 2 Nathan Volek (Windhoek Gimnasium), 3 Douw van der Walt (Primêre Skool Walvisbaai). Junior meisies: 1 Mari Louw (Gobabis Gim), 2 Jasmine Rennie (St. Paul), 3 Charmain Nanus (Community Hope). Senior seuns: 1 Thomas Blaauw (SKW), 2 Denzel Nanub (Community Hope), 3 Jannie Booysen (Elnatan). Senior meisies: 1 Leonise Human (Gobabis Gim), 2 Sunel Weakley (Moria), 3 Elize Haasbroek (Elnatan).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!