NASP-skietdag lewer rekord op
Die Berg-Op Akademie van Okahandja het die afgelope Saterdag ’n National Archery in Schools Programme (NASP) boogskietkompetisie aangebied waaraan 69 skuts van nege skole deelgeneem het.
Rassie van Zyl van Windhoek Gimnasium het daarin geslaag om die Namibiese NASP-rekord met sy hoogste telling van 293 uit ’n moontlike 300 te verbeter.
Die medaljewenners by die senior mans was Rassie van Zyl (goud), Lukas Els (silwer), Marko Kersten (brons).
Senior vroue: Dominique Bekker (goud), Melany Erasmus (silwer), Nadine Loots (brons).
Junior mans: Hennie Nel (goud), Pieter Hough (silwer), MC de Jager (brons).
Junior vroue: Alana Adonis (goud), Angela Martins (silwer) en Erica Nande (brons).
Die skole wat verteenwoordig was, is Community Hop School, Windhoek Gimnasium, St. Paul, Elnatan, Walvisbaai Privaat Hoërskool, Carpe Diem Home School, St. George en SKW.
Die organiseerders bedank Agra wat die pryse vir die voorste manlike skut (Rassie van Zyl) en voorste vrou (Dominique Bekker) geborg het en ook verseker het dat die skut wat die hoogste NASP-telling behaal het nie met leë hande wegstap nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie