Naspers belu00ea groot in Takealot
Naspers belu00ea groot in Takealot

Naspers belê groot in Takealot

Naspers het sy belang in die aanlyn handelaar ¬Takealot teen R960?miljoen vergroot.

Dit maak van Naspers die meerderheidsaandeelhouer in Takealot, maar geen verdere inligting oor die grootte van die belang is bekend gemaak nie.

Kalahari.com en Takealot het in 2014 saamgesmelt. Naspers, wat Kalahari besit het, en die Amerikaanse beleggingsmaatskappy Tiger Global Management het na dié transaksie elkeen 42% van die nuwe saamgevoegde entiteit besit en die bestuur die res.

Volgens Takealot het hy sterk gegroei sedert die samesmelting met Kalahari. Vandag besit die maatskappy ook Superbalist.com, ’n aanlyn modehandelaar, Mr D Food, wat kos aflewer, en Mr D Courier, ’n koerierdiens.

Volgens Takealot bly kleinhandel ’n hoogs mededingende mark in Suid-Afrika en maak aanlyn aankope minder as 1% van die totale kleinhandelmark uit.

“Ons is baie opgewonde oor hierdie jongste belegging, want dit sal ons in staat stel om die onderneming verder te laat groei in ’n mark met enorme potensiaal,” sê Kim Reid, uitvoerende hoof van Takealot.

* Netwerk24 is ’n produk van Media24, die Suid-Afrikaanse mediafiliaal van Naspers. Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!