• Tuisblad
  • Sake
  • Naspers boos vir Investec oor 'foute' in verslag
Naspers boos vir Investec oor 'foute' in verslag
Naspers boos vir Investec oor 'foute' in verslag

Naspers boos vir Investec oor 'foute' in verslag

Naspers, die reus op die beurs, het Investec gevra om ’n verslag oor die maatskappy terug te trek omdat dit foute bevat en sy aandeelprys afgetrek het.
Naspers se aandeelprys het Maandag met byna 4% gedaal.

Sedert sy hoogtepunt op 23 Januarie het hy al byna 16% gedaal. Investec het op 22 Januarie 'n navorsingsverslag oor Naspers uitgestuur.

Dit is deur die ontleders David Smith en Thapelo Mokonyana geskryf en hulle voer aan Naspers moet teen ’n diskonto van 30% tot al sy bates verhandel. Hulle erken in die verslag dis ’n omstrede siening.

Hulle grond die siening op die verwatering wat sedert 2007 plaasgevind het weens die maatskappy se uitgereikte aandele wat hulle aanvoer met 49% verhoog het. Daarvan is ’n derde na aandeelopsies aan bestuur vir vergoeding.

“Hoewel ons glo almal mag ’n mening hê is die verslag van Investec oor Naspers vol foute en misleidende inligting,” sê Meloy Horn, hoof van beleggersverhoudings van Naspers.

Die verslag veroorsaak vir ons en ons aandeelhouers wesenlike skade. Ons sal dus aan Investec skryf en hulle vra om die verslag terug te trek en die inligting reg te stel.”

Investec en sy ontleders wou nie kommentaar lewer nie.

Die bank het ’n aanbeveling op Naspers aan beleggers om hul posisie te hou – dus nie om te koop of te verkoop nie. Dis die enigste van 16 ontleders wat deur Bloomberg gevolg word. Al die ander beveel aan die aandeel moet gekoop word.

Naspers verhandel teen sy laagste vlak in vier maande.

Sowat R200 miljard se markwaarde is uitgewis nadat sy aandeelprys vir ses opeenvolgende dae gedaal het.

Die aandeelprys het Maandag 3,9% laer gesluit op R3 120. Dit gee ’n waarde van sowat R1 400 miljard aan die maatskappy.

“Die Investec-verslag oor Naspers mag bygedra het tot die druk op sy aandeelprys maar daar is ook ander faktore soos die sterk rand,” sê Peter Takaendesa, ’n portefeuljebestuurder van Mergence Investment Managers in Kaapstad in ’n e-pos.

“Ons het ook ander aandelemakelaars gesien wat hul teikenprys op Naspers verlaag het.”

Naspers het vir lank teen ’n diskonto van 33% van die waarde van sy belang in die Chinese internetreus Tencent verhandel.

Naspers het die belang in 2001 gekoop.

Bob van Dijk, uitvoerende hoof van Naspers, soek na nuwe beleggings om die sukses te herhaal wat met Tencent bereik is en om die waardasiegaping te sluit. Die maatskappy het die afgelope jare groot beleggings in internetmaatskappye van Amerika tot Rusland en Indië gedoen.

Naspers se aandeelprys ry die afgelope jare die golf van Tencent s’n. Dié maatskappy het China se grootste maatskappy geword.

Naspers se vertoning is die derde beste op die JSE se indeks van top40-aandele oor die afgelope 12 maande, selfs ná die onlangse dalings.

Tencent het sedert 22 Januarie ook gedaal.

Meloy erken dit kon ook bygedra het tot die daling in Naspers se aandeelprys.

Die verwatering in aandele die afgelope elf jaar as gevolg van sekere personeel wat met aandele betaal word, is gemiddeld omtrent 0,9% per jaar. Dit is nie 1,9% soos die ontleders bereken het nie.

Sy sê die maatskappy staak nou sy beleid om personeel met aandele te vergoed omdat die aandeelplanne wat in die verlede toegeken is, nou uitbetaal is. – Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!