Naspers druk SA beurs laer
Naspers was Maandag een van die groot verloorders op die JSE en dié tegnologiereus het die plaaslike beurs laer gedruk.
Naspers, die grootste plaaslike aandeel op die JSE, het 5,89% of R158 laer op R2 525 gesluit.
Dit was een van die groot redes hoekom die nywerheidsindeks Maandag meer as 2% laer gesluit het. Dit het gevolglik druk op die JSE se indeks van alle aandele geplaas, wat die dag 1,25% laer op 51 564 punte gesluit het.
Die groot daling in Naspers kom te midde van ’n groot afverkoop in tegnologie-aandele Vrydag, wat Maandag voortgesit is.
Die Nasdaq, wat groot tegnologiemaatskappye insluit, het Maandag verder gedaal nadat dit Vrydag in New York met 2,4% geval het.
Die Nasdaq het Donderdag op ’n hoogtepunt gesluit en ten spyte van die onlangse daling is dit steeds 21% hoër vir die jaar.
In Europa en in Asië was Samsung en Tencent onderskeidelik ook die grootste verloorders. Naspers besit 34% van Tencent.
Die skielike daling in tegnologie-aandele, wat internasionale aandele vanjaar herhaaldelik na rekordvlakke gestuur het, het die vraag laat ontstaan of dit slegs winsneming en tydelik is, en of daar ’n meer fundamentele verskuiwing is wat die bulmark in die VSA in sy spore kan stuit.
Die rand het Maandag steeds sterk gestaan nadat nóg ’n kredietgradeerder Suid-Afrika se soewereineskuldgradering afwaarts aangepas het.
Die plaaslike geldeenheid het die week teen R12,87 teenoor die dollar begin. Maandag laat was die rand sterker op R12,82 teenoor die Amerikaanse geldeenheid.
Selfs ná Moody’s Investor Service se besluit Vrydagaand om Suid-Afrika se kredietgradering met een kerf te verlaag tot een vlak bo rommelstatus, maar met ’n negatiewe vooruitsig, het die rand sterk gestaan en nie deur die R13-vlak geval nie.
Moody’s het Suid-Afrika se skuld in sowel buitelandse geldeenhede as rand tot Baa3, net een vlak bo rommelstatus, afgegradeer. Standard & Poor’s (skuld in buitelandse geldeenhede) en Fitch Ratings (buitelandse en binnelandse skuld) het Suid-Afrika reeds tot rommelstatus afgegradeer.
André Botha, ’n verhandelaar by TreasuryOne, sê die afgradering is reeds weerspieël in die rand en daarom was die beweging in die geldeenheid gedemp. - Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie