Naspers slaan vure dood oor Nederlandse notering
Vida Booysen
’n Berig in ’n Nederlandse dagblad oor Naspers se moontlik notering op die Amsterdamse aandelebeurs, het Suid-Afrikaanse ontleders Maandag laat rondskarrel.
Naspers, een van die swaargewigte op die JSE, se aandeel ry die afgelope jare die golf van Tencent se aandeelprys en verhandel teen ’n diskonto van sowat 33% teen die waarde van sy belang in dié Chinese internetreus.
Het Financieele Dagblad haal Woensdag Naspers se Nederlandse uitvoerende hoof, Bob van Dijk, aan waar hy sê Naspers “kyk aktief” na opsies vir ’n sekondêre notering en dat Nederland ’n logiese keuse sou wees.
“Die (Nederlandse) mark is baie likied en toeganklik. ’n Aparte notering op die Nasdaq (in die VSA) sou byvoorbeeld baie werk en onkoste meebring.”
Maar volgens Meloy Horn, hoof van beleggersverhoudings van Naspers, was die idee van ’n dubbele notering bloot deel van ’n wydlopende en hipotetiese gesprek.
“Bob het oor homself, Naspers, die maatskappy se beleggingstrategie en die wyse waarop die onderneming bedryf word, gepraat.
“Een van die onderwerpe wat bespreek is, is die beheermaatskappy se diskonto en die welbekende fokus van die maatskappy se bestuur om die waardasie¬gaping te sluit.”
As deel van dié gesprek is die moontlikheid van ’n sekondêre notering op ’n ander aandelebeurs as ’n moontlike oplossing geopper, sê Horn.
“In ’n kort, hipotetiese bespreking oor hierdie idee, wat reeds dikwels vantevore geopper is, is ’n aantal aandelebeurse genoem, insluitend die Amsterdamse aandelebeurs,” sê Horn.
Dit is bekend dat Van Dijk soek na nuwe beleggings om die sukses te herhaal wat met Tencent bereik is en om die waardasie-gaping te sluit. Die maatskappy het die afgelope jare groot beleggings in internetmaatskappye van Amerika tot Rusland en Indië gedoen.
Volgens Het Financieele Dagblad is een moontlike verklaring vir die diskonto die feit dat Naspers net in Suid-Afrika genoteer is, waar dié maatskappy sowat 20% van die waarde van die JSE se indeks van alle aandele beslaan.
“Politieke en ekonomiese spanning in Suid-Afrika die afgelope jare het bygedra tot die onderwaardering,” lui die berig.
Naspers se aandeelprys het Woensdag met byna 4% tot R3 362,90 verstewig. - Netwerk24
•Media24, wat onder meer die Afrikaanse koerante en Netwerk24 huisves, is ’n filiaal van Naspers.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie