Naspers wil belange uitbrei
Naspers wil belange uitbrei

Naspers wil belange uitbrei

Van koerante, tydskrifte, TV tot kitskos-aflewering. Daar is klaarblyklik geen einde aan Naspers se groei nie.
Naspers oorweeg glo om as deel van ’n vennootskap R2,5 miljard (US$200 miljoen) in die Indiese afleweraar van kitskos – Swiggy – te belê.

Mense met kennis van die saak sê Naspers beplan om saam met China se Tencent die geld in die maatskappy te belê.

Naspers besit ’n 33% belang in Tencent.

Die onderhandelinge volg nadat Larry Illg, hoof van Naspers se nuwe beleggingseenheid, in Desember vir beleggers in New York gesê het die volumes bestellings wat Swiggy hanteer het jaar tot jaar verdubbel. Hy het ook gesê die wêreldwye kosafleweringsektor is nog in ’n vroeë stadium van ontwikkeling.

Bob van Dijk, uitvoerende hoof van Naspers, het by dieselfde geleentheid gesê daar is beduidende geleenthede vir Naspers en Tencent om saam in Indië te belê. Hy het nie Swiggy by die naam genoem nie.

Jane Yip, woordvoerder vir Tencent, het nie op ’n versoek om kommentaar gereageer nie.

Naspers het ’n aanvanklike US$80 miljoen (R988 miljoen) in Mei 2017 in Swiggy belê. Hy het daarna €660 miljoen se aandele in die Duitse Delivery Hero in September bekom. Die maatskappy het ook belange in iFood in Brasilië en Mr Delivery in Suid-Afrika.

Kos is een van die groot aanlyn gebiede waarop Naspers fokus as deel van ’n poging om sy sukses met Tencent te herhaal. Swiggy is die grootste maatskappy wat kos in Indië aflewer.

Een van die mense met kennis van die onderhandelinge sê gesprekke tussen Naspers, Swiggy en Tencent is ver gevorderd.

Naspers se aandele het die afgelope 12 maande met meer as 70% tot R3 620,06 gestyg.

Dit gee die maatskappy ’n markwaarde van R1 600 miljard (US$129 miljard). Dit is minder as die US$179 miljard-waarde van sy belang in Tencent.

Van Dijk het onderneem om te poog om hierdie gaping te verminder. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!