NaTIS: Agterstand in leerlinglisensies
Windhoek se NaTIS-kantore het sowat 3 000 bevestigde besprekings van mense wat hul leerlinglisensietoets wil skryf, maar nog nie die geleentheid gekry het nie.
Kristien Kruger – Nuwe besprekings vir leerlinglisensies by NaTIS is tydelik opgeskort sodat die geweldige agterstand ingehaal kan word.
Volgens die woordvoerder van die Paaieowerheid (RA), me. Hileni Fillemon, verskil die agterstand van dorp tot dorp, maar Windhoek het die grootste agterstand met sowat 3 000 bevestigde besprekings.
Dit sluit mense in wat reeds afsprake gemaak en betaal het om die leerlinglisensietoets te skryf, maar nog nie die geleentheid gekry het nie.
Dié groep sal volgens Fillemon in hierdie tydperk eerste kans gegee word om die toets te skryf en geen nuwe besprekings sal dus vir eers be-skikbaar wees nie.
“Geen ander NaTIS-dienste is uitgestel nie. Dis slegs nuwe leerlinglisensiebesprekings wat tydelik opgeskort is om die agterstand in te haal.
“Ons sal vanaf 1 Februarie 2022 met nuwe besprekings vir leerlinglisensietoetse begin.”
TOETSE IN PLAASLIKE TALE
Die RA het in Augustus verlede jaar ook bekend gemaak dat geskrewe leerlinglisensietoetse in verskeie plaaslike tale by alle NaTIS-kantore landwyd geskryf kan word.
“Geskrewe leerlinglisensietoetse sal nou in plaaslike tale aangebied word vir mense wat nie Engelsvaardig is nie.
“Die taalopsies is Afrikaans, Nama/Damara (Khoekhoegowab), Otjiherero, Oshiwambo (Oshikwanyama), Rukwangali en Silozi. Ander volkstale sal in die toekoms bygevoeg word,” lui die destydse nuusverklaring deur die RA.
LISENSIESKYWE KAN BINNEKORT AANLYN HERNU WORD
Die RA beplan al ’n geruime tyd aan ’n aanlyn platform vir NaTIS wat dienste vir die publiek geriefliker kan maak, maar dis nog nie in werking nie.
“Die RA het nog nie aanlyn dienste ingestel nie. Die RA sal met die media kommunikeer sodra al die tegniese kwessies uitgeklaar is. Ons hoop om die aanlyn dienste middel Februarie 2022 te implementeer.
“Kliënte sal toegang tot die aanlyn dienste verkry via die RA-webwerf. Aansoekers moet geregistreer wees en ’n gebruikersnaam en wagwoord sal voorsien word,” het Fillemon aan Republikein gesê.
Een van dié dienste wat beplan word, is dat voertuiglisensieskywe aanlyn hernu kan word.
“Aansoekers sal per SMS of e-pos in kennis gestel word wanneer hul voertuiglisensieskyf hernu moet word.”
Mense sal ook per SMS laat weet word wanneer hulle hul bestuurslisensiekaartjies by NaTIS kan gaan afhaal.
– [email protected]
FOTO
NaTIS in Windhoek het tans ’n waglys met sowat 3 000 mense wat bespreek het om leerlinglisensietoetse af te lê, maar nog nie hul kans gekry het nie. Foto argief

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie