Natuur eerste by Ongava Tented Camp
Ongava Tented Camp is een van die vier finaliste in die Volhoubare Toerisme-toekennings vir 2017.
Ongava Tented Camp is een van vier spoglodges in die Ongava Private Wildreservaat van 30 000 hektaar wat reg langs die Etosha Nasionale Park by die Anderson-hek geleë is.
“Die natuur eerste” is die visie van die families wat Ongava in 1991 as 'n hawe vir groot en skaars wildbevolkings gestig het. Ongava spog met 'n uitstekende, internasionaal erkende navorsingsentrum wat deur die bekende dr. Ken Stratford en sy vrou, Sabine, in 2006 begin is. Die navorsingsentrum doen studies van 'n groot verskeidenheid fauna en flora en dit sluit in suksesvolle teelbevolkings van beide wit- en swartrenosters, asook die skaars swartgesig-impala buite die Etosha Nasionale Park. Ongava spog ook met 'n groot, vrylopende leeubevolking.
Met meer as 'n duisend diere - insluitend byna 100 verskillende soogdiere en 'n groot verskeidenheid voëls en reptiele - om te bestudeer, voorsien dit 'n perfekte “lewende laboratorium" vir ernstige wildnavorsing in.
By Ongava Tented Camp ervaar jy die natuur eerstehands, met die watergat wat reg voor die onthaalarea is waar wild deurentyd kom water drink.
Terwyl jy aan 'n heerlike ete smul, 'n drankie met Namibië se beeldskone sononder geniet of afkoel in die swembad, is jou uitsig 'n trop leeus skaars 20 meter weg by die watergat.
Al die en suite-tente het 'n uitsig op die watergat wat nie net deur leeus besoek word nie, maar ook deur troppe olifante, kameelperde, waterbokke, elande en ander wildsbokke.
Die kamp bestaan uit nege ruim, luukse tente met 'n private veranda tussen mopaniebome en geen omheining nie. Die kamp is spesiaal so ontwerp dat dit met die omgewing insmelt en 'n aardse en ontspanne gevoel gee.
Die kamp se krag word deur 'n sonkragaanleg van 120 panele verskaf en elke tent het ook sy eie sonkrag-warmwatertoestel. 'n Buitestort dra by tot die aardse atmosfeer en verhoog die ervaring van naby aan die natuur wees. Alle seep, sjampoe en stortjel voorsien is bio-afbreekbaar. Aktiwiteite sluit in wildbesigtigingsritte na Etosha en in die private wildreservaat wat 'n wonderlike belewenis is. Staproetes met 'n gids, ook op die spoor van renosters, kan onderneem word en dit is 'n paradys vir voëlkykers. Die ervare en vriendelike gidse deel graag hul hartstog en kennis van die wild en die natuur.
Die ander drie finaliste is Jackalberry Lodge, Gondwana Etosha Safari Camp en Wilderness Safaris Hoanib Skeleton Coast. Die wenner sal aangekondig word tydens die amptelike opening van die Namibië Toerisme Ekspo wat op Woensdag 31 Mei by die Windhoek se skouterrein sal plaasvind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie