Natuur se balans is fyn
Natuur se balans is fyn

Natuur se balans is fyn

Dani Booysen
Goedkeuring om kiaathout in die Zambezi-streek te oes, moet gepaardgaan met inligting aan die publiek oor presies hoeveel bome op die ter sprake 12 000 hektaar gaan val.

Bewaringskundiges se kommer oor die impak op hierdie woude mag nie sommer net as oorsensitiewe groen praatjies afgemaak word nie. Omdat die spesie wetlike beskerming geniet en op die rand van bedreiging huiwer, is die grootste moontlike omsigtigheid en deursigtigheid nodig.

Namibia Oriental Tobacco se omstrede plan vir ‘n tabakplaas is darem laat vaar ten gunste van die verbouing van mielies, groente en vrugte.

Die veeldoelige hout is vir China bestem. Weer moet vrae egter gevra word oor plaaslike waardetoevoeging tot, en benutting van bronne. En as die hout dan na China verskeep word, moet die inkomste plaaslike gemeenskappe baat en nie net hul leiers en ander vennote nie, wie se identiteite soms boonop verskuil is.

Om voedselsekuriteit vir die land te verseker, is besproeiingsprojekte noodsaaklik. Hierdie projekte is ook belangrik vir werkskepping, armoedeverligting en ontwikkeling in die algemeen. Die natuur se balans is egter ‘n fyn een, en ontbossing in verkeerde gebiede kan oor die lang termyn groot gevolge inhou. ‘n Vorige verslag van die regering self het besproeiing boonop nie as die ideale benuttingsmetode bestempel nie.

Verdere openbare gesprekvoering oor die ontbossingsplan moet alle menings en die groter prentjie versigtig oorweeg.

So sê ander

4 Junie 2018

Beeld, Die Burger en Volksblad sê

Die spitsberaad wat vir 12 Junie tussen pres. Donald Trump van Amerika en die Noord-Koreaanse diktator, Kim Jong-oen, beplan word, gaan beslis plaasvind.

Dis altans wat die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, sê nadat hy met Kim Jong-tsjol, ’n vertroueling van Kim Jong-oen, in New York beraadslaag het.

Dié verwarrende heen-en-weer is aan verskeie redes te wyte. Een is albei leiers se impulsiewe aard.

Uit alles blyk dat wanneer die twee kante van die “kernontwapening van die Koreaanse skiereiland” praat, hulle iets heel anders daarmee bedoel. Dít is een van die struikelblokke wat taamlik vinnig uit die weg geruim moet word, anders loop die beraad op ’n debakel uit.

Dis goed dat Washington nou meer realisties na die saak kyk. En dáárvoor is dit nodig dat Trump sy normale bombastiese styl vir onderbeklemtoning moet verruil.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!