Natuurbewaarder Gallmann in aanval gewond
Natuurbewaarder Gallmann in aanval gewond

Natuurbewaarder Gallmann in aanval gewond

NAMPA
Gewapende mans het Sondag die bekende Italiaans-gebore omgewingsaktivis Kuki Gallmann in haar bewaringspark gewond in die jongste van 'n reeks aanvalle tydens grondbesettings in die droogtegeteisterde noordelike deel van Kenia.

Inwoners sê die aanvalle is aan die toeneem in die aanloop tot verkiesings in Kenia wat vir Augustus geskeduleer is.

Die 73-jarige skrywer van die biografiese I Dreamed of Africa is in die maag geskiet nadat die voertuig waarin sy gery het deur 'n groep mans in 'n hinderlaag gelei is, het 'n familievriend gesê.

Gallmann, wie se karakter deur Kim Basinger in die 2000-rolptrent van die boek vertolk is, was op pad om skade na te gaan wat plaasbesetters aangerig het. Die invallers het Saterdag afgesonderde geboue op die plaas aan die brand gesteek. Verlede maand het hulle 'n luukse hotel op die terrein afgebrand.

Sy is gedwing om te stop deur 'n boom wat oor die pad gelê is. Die gewapende mans het haar geskiet, maar Gallmann is deur natuurbewaarders van Kenia se natuurlewedienste gered toe hulle tussenbeide getree en teen die aanvallers geveg het.

Sy is eers na 'n hospitaal in die nabygeleë Nanyuki geneem om te stabiliseer en daarna per helikopter na 'n hospitaal in die hoofstad, Nairobi, het die vriend gesê. - Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!