u2018Natuurlik is daar u2019n lasbrief vir Ajay Guptau2019
u2018Natuurlik is daar u2019n lasbrief vir Ajay Guptau2019

‘Natuurlik is daar ’n lasbrief vir Ajay Gupta’

“Natuurlik bestaan daar ’n lasbrief vir Ajay Gupta se inhegtenisneming. Die lasbrief is daar!”

Dit was Woensdag die reaksie van brig. Hangwani Mulaudzi, die Valke-woordvoerder, op ’n brief van Ajay se prokureurs.

Hy het bevestig Ajay se prokureurs het ’n brief aan die Valke gestuur waarin hulle eis dat die polisie bewys lewer dat daar wel ’n lasbrief vir hul kliënt se inhegtenisneming uitgereik is.

Volgens eNCA ontken die prokureurs dat Ajay voortvlugtend is of dat hulle kennis dra van ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming.

Daardie lasbrief was verlede week Donderdag, toe die verdagtes in hegtenis geneem is, al reg en geteken deur ’n landdros.

Mulaudzi het dié bewerings afgemaak as ’n “visvangekspedisie” en dat die Valke nie “ ’n situasie sal toelaat” wat hul aandag van hul werk aflei nie.

“Daardie lasbrief was verlede week Donderdag, toe die verdagtes in hegtenis geneem is, al reg en geteken deur ’n landdros. Nou wil hulle vandag eers die lasbrief sien.

“Die lasbrief is uitgereik vir Ajay Gupta, nié vir sy regsverteenwoordigers nie. Waar het jy nou al gehoor dat ’n prokureur ’n lasbrief sien of ontvang namens ’n verdagte?”

Hy het bygevoeg: “Geen landdros sal ’n lasbrief vir ’n inhegtenisneming onderteken as daar nie gronde vir ’n saak teen ’n verdagte is nie”.

Die Valke het verlede week, kort ná oudpres. Jacob Zuma se bedanking, toegeslaan op verskeie persele in Johannesburg, soos die Gupta-huis in Saxonwold, en in Bloemfontein.

Dit het verband gehou met die Vrede-suiwelprojek, wat deur Estina, ’n maatskappy met Gupta-bande, bedryf is.

Ses mense is in hegtenis geneem weens onder meer aanklagte van korrupsie, geldwassery en bedrog.

Een van hulle was Varun Gupta (32), ’n direkteur van Oakbay en ’n susterskind van die Gupta-broers. Hy is van Saxonwold.

Daar was ’n wettige lasbrief en ons sou hom daarop in hegtenis geneem het.

Nog twee verdagtes moes die volgende dag by die polisie gaan aanmeld.

Een van die lasbriewe vir inhegtenisneming tydens dié klopjag was vir Ajay Gupta, het Mulaudzi bevestig.

Hy was egter vermoedelik toe reeds landuit.

“Ajay Gupta was nie een van diegene met wie ’n reëling getref is om by die polisie aan te meld nie. Daar was ’n wettige lasbrief en ons sou hom daarop in hegtenis geneem het,” het Mulaudzi gesê.

Oor die soektog na Ajay het hy geantwoord: “Dit gaan goed”.

Vuyo Mhaga, woordvoerder van die minister van polisie, het destyds gesê daar is 13 lasbriewe in Bloemfontein en Johannesburg uitgereik.

Ná die klopjag verlede week soek die polisie nog na vyf verdagtes, “insluitend twee van Indië en een van Chinese oorsprong” en wat vermoedelik in die buiteland is, het hy gesê. Hy het nie ander name genoem nie.

* Ajay Gupta se prokureur kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!