Natuurlik op viool en kitaar
Die gewilde instrumentele duo Deca se splinternuwe album, Naturally, stuur hul repertoire in ’n meer natuurlike en organiese rigting.
Douw Steyn en Herman Steyn wys weer hul slag met die viool en die kitaar.
Deca se eerste album, Black Sails, was taamlik organies, maar met die nuwe album wou hulle dit ’n stappie verder neem.
“Daar is heelwat meer organiese klanke, soos perkussie, mandolien, dwarsfluit en penniefluit. Die titelsnit, ‘Naturally’, lê ons na aan die hart, asook ‘Hilltop Jig’, waarvan die musikale struktuur baie uiteenlopend is. Ons hoop ook ons weergawe van Ed Sheeran se ‘Perfect’ sal die hartsnare roer,” sê Douw.
Daar is ook iets vir die jonger gehoor: “Shut Up and Dance with Me” is ’n gewilde treffer op die nuwe album, en veral met die groot oplewing in die musiek van Queen ná die fliek Bohemian Rhapsody, sal die liedjie “The Show Must Go On” ook by gehore aanklank vind.
Nostalgie leef voort met Deca se weergawe van André de Villiers se “Memories”, wat jare gelede in die klassieske Volkswagen-advertensie gebruik is.
Douw is die album se uitvoerende vervaardiger en William de Bruin is die medevervaardiger.
Herman Steyn sal eersdaags ’n operasie ondergaan en vir ’n paar maande buite aksie wees, waartydens die baie begaafde Siobhan Lloyd-Jones vir ’n tydperk sy vioolskoene sal volstaan.
Deca se nuwe album, Naturally, is nou op alle digitale platforms beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie