Natuurlike hulpbronne verwoes
Namibië se permanente verliese en uitputting van sy natuurlike kapitaal is onvolhoubaar, word in ’n verdoemende verslag verklaar.
Francoise Steynberg – Wildstropery, onwettige oes van hout en sandmyne is van die faktore wat tot Namibië se verwoesting van sy natuurlike hulpbronne bydra en die regering misluk klaaglik in sy rol as bewaarder.
Dit is volgens ’n verslag van die Hanns Seidel-stigting en die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), getiteld “Deleting Natural Capital: How Namibia has been losing wildlife, forests and sand through misgovernance and maladministration since 2015”, wat gister bekendgestel is.
“Baie van die skade aan Namibië se natuurlike kapitaal wat sedert 2015 toegeneem het, kan aan die regering se mislukking toegeskryf word,” lui die verslag.
“Dit behels die mislukkings van staatsdepartmente en hul entiteite wat sukkel, onderpresteer of bloot faal in hul bewarings- en regulerende mandate of funksies rakende die beskerming van sommige van Namibië se kosbaarste natuurlike bates.”
Die verslag meen dis ironies dat Namibië steeds as bewaring se groot suksesverhaal opgehemel word, “terwyl dit duidelik is dat die land se natuurlike welvaart kumulatief is, dat dit toenemend mensgemaak is, dat dit agteruitgaan en dat diegene met die mandate om die natuurlike welvaart van die land te beskerm, nie naastenby dié mandate voldoende vervul nie”.
Die doel van die verslag is om voorbeelde van onderprestasie, wanbestuur en wanadministrasie binne verantwoordelike staatsentiteite uit te wys wat tot Namibië se agteruitgang van die natuurlike kapitale basis bydra.
“Die verslag wys hoe wildlewe en die omgewing oor vyf jaar sedert 2015 agteruitgegaan het, asook hoe korrupsie rakende natuurlike hulpbronne al hoe meer ooglopend geword het,” sê mnr. Frederico Links, outeur van die verslag en navorser van IPPR.
WILDSTROPERY
Stropery van wild van hoë waarde (olifante, renosters en ietermagogs) en bedreigde spesies was nog altyd ’n probleem, maar het sedert 2015 het die hoogte ingeskiet.
Hoë vlakke van stropery van renosters en ietermagogs bly kommerwekkend.
Sedert 2018 het die Namibiese omgewingsowerhede en wetstoepassers sukses begin toon en stropery het gedaal weens sterk samewerking tussen gemeenskappe en private bewaringsinisiatiewe.
“Die feit dat die langverwagte beskermde gebiede en wildbestuurswet en die nasionale strategie oor wildbeskerming en wetstoepassing nog nie aanvaar en geïmplementeer is nie, spreek boekdele van die regering se vlak van toewyding om stropery dringend te takel,” sê Links.
“Volgens die getalle verdagtes wat in hegtenis geneem word, is dit duidelik dat meer mense aan wildstropery deelneem, wat aandui dat die stroperykrisis ver van opgelos is.”
ONWETTIGE OES VAN HOUT
Volgens die verslag het die langtermyn verontagsaming van die regulatoriese rol van die direktoraat van bosbou in die voormalige ministerie van landbou, water en bosbou tot onwettige houtkappery en -oeste bygedra, wat tot ontwouding gelei het.
“Oor die laaste paar dekades het Namibië miljoene hektaar woud verloor weens ’n gebrek aan toepassing van regulasies of ongereguleerde houtkappery en -oeste.
“Bosboubeamptes het voortdurend die Omgewingsbestuurswet van 2007 verontagsaam en houtoespermitte uitgereik,” lui die verslag.
“’n Lakse benadering om die Woudwet van 2001 toe te pas, het ook bygedra dat Namibië by onwettige oorgrenshandel van hout betrokke geraak het.”
’n Afwesigheid van samewerking en kommunikasie tussen verskeie staatsdepartemente dui ’n groot gebrek aan woudbestuur aan, volgens die verslag.
Dieselfde geld vir onwettige sandmyne oor die afgelope dekade waartydens omgewingsowerhede te stadig en wisselvallig teen onwettige sandmyners opgetree het.
“Onwettige sandmyne het kommunale gebiede, wildhabitatte en nedersettingsgebiede oraloor die noordelike dele van die land beskadig,” lui die verslag.
VOORSTELLE
Voorstelle uit die verslag behels dat die beskermde gebiede en wildbestuurwetsontwerp gefinaliseer word, asook die nasionale strategie oor wildbeskerming en wetstoepassing.
“Die departemente moet hul mandaat ordentlik uitvoer en die gebruik van Namibië se natuurlike hulpbronne monitor en reguleer,” sê Links.
“Maatreëls en meganismes moet ingestel word om toegang tot inligting vir die publiek te verhoog om openbare oorsig te hê oor die optrede van relevante en verantwoordelike staatsdepartement wat Namibië se natuurlike bates en kapitaal moet beskerm.”
Ondanks die grondwetlike plig om Namibië se natuurlike rykdom te beskerm, het die owerhede meestal nie hierdie plig volgens Links nagekom nie.
“Die land het oor die jare enorme verliese aan natuurlike kapitaal gely.
“Toe die Fishrot-korrupsieskandaal in November 2019 ontbloot is, het die manier hoe die owerhede die land se natuurlike kapitaal hanteer, hernude fokus gekry,” sê Links.
Hy sê intussen staar die land ’n magdom mensgemaakte en omgewingsuitdagings in die gesig, wat druk op die voorraad natuurlike rykdom en bates plaas wat al hoe meer verminder.
“In Namibië is ’n enorme hoeveelheid van al die land se soorte kapitaal reeds verkwis, terwyl die uitdagings net verdiep.”
Volgens die verslag is Namibië se koers van die verlies aan of uitputting van natuurlike kapitaal nie volhoubaar nie.
• Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het ook gister heftige kritiek op die verslag gelewer en betwis onder meer die gepubliseerde feite. Die ministeriële reaksie sal volgende week gepubliseer word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie