Nauyoma kry verhoordatum
Nauyoma kry verhoordatum

Nauyoma kry verhoordatum

Denver Kisting
Denver Kisting



'n Aktivis van die Regstellende Herposisionering (AR)-beweging, mnr. Dimbulukeni Nauyoma, het gister gehoor sy verhoor sal vroeg volgende jaar plaasvind.

Die AR-leier word daarvan beskuldig dat hy openbare geweld aangehits en met 'n regsproses ingemeng het.

Die saak is gister in die Windhoek-landdroshof in ­Katutura tot 15 en 16 April 2020 uitgestel vir Nauyoma om op die klagte te pleit en vir die verhoor om plaas te vind.

Nauyoma is in Janua­rie vanjaar in ­hegtenis geneem omdat hy glo die ­stadspolisie verhoed het om 'n ­onwettige plakkershuisie in die hoofstad af te breek.

Dié huisie het na wat berig word aan 'n 33-jarige enkelma van twee, me. Welhemina Shipanga, behoort.

Hy is ná sy eerste hofverskyning op borgtog van N$500 vrygelaat op voorwaarde dat hy nie met die polisie­ondersoek sal inmeng nie. Sy borgtog is gister verleng.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer