Nauyoma u2019n u2018politieke aangehoudeneu2019
Nauyoma u2019n u2018politieke aangehoudeneu2019

Nauyoma ’n ‘politieke aangehoudene’

'n Groot groep ondersteuners van ’n Regstellende Herposisioneringsbeweging-aktivis het by die Windhoekse landdroshof in Katutura opgeruk.
Jemima Beukes
Jemima Beukes - Die aktivis verbonde aan die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR), mnr. Dimbulu­keni Nauyoma, wat Vrydag met die Windhoekse stadspolisie in ­Okuryangava slaags geraak het oor sogenaamde onwettige uitsettings, is Maandag in die Windhoekse landdroshof in Katutura deur AR-ondersteuners as 'n politieke aangehoudene beskryf.

Nauyoma is laat Maandagmiddag op borgtog van N$500 vrygelaat op voorwaarde dat hy nie met die polisie­ondersoek inmeng nie. Hy is ook gewaarsku om nie met polisiebeamptes in die uitvoering van hul pligte in te meng nie.

Nauyoma, wat glo inwendige beserings soos gebreekte ­ribbes tydens sy inhegtenisneming opgedoen het, het ná sy hofverskyning na 'n plaaslike hospitaal teruggekeer.

Die AR het Vrydagaand daarin geslaag om 'n hoërhofbevel te verkry wat die polisie beveel het om Nauyoma na 'n hospitaal te neem.

Hy word daarvan beskuldig dat hy openbare geweld aangehits het, polisiebeamptes verhoed het om hul pligte uit te voer en dat hy munsipale grond onwettig gegryp het en onwettige strukture opgerig het.

Vier ander aktiviste en gemeenskapsleiers is ook Saterdag in hegtenis geneem. Hulle is Maandag op waarskuwings vrygelaat.

Nauyoma se regsverteenwoordiger, mnr. Kadhila Amoomo, het Maandag aan die hof gesê hulle gaan by die hoërhof aansoek doen om die Plakkersproklamasie 21 van 1985 waaronder sy kliënt in hegtenis geneem is, as ongrondwetlik te verklaar.

Amoomo het gesê hierdie proklamasie is 'n integrale deel van die apartheidstaat, wat nie enige vorm van aktivisme steun nie, terwyl Namibië vandag 'n demokratiese land is, wat beteken hierdie proklamasie is nie meer van toepassing nie.

Hy het ook aan die hof gesê hy kan nie sien waarom borgtogvoorwaardes vir sy kliënt voorgeskryf is nie, want daar was geen ondersoek na en geen saak teen sy kliënt nie.

Amoomo het gesê hy glo die borgtogvoorwaardes is ingesluit om sy kliënt, 'n grondaktivis wat onwettige uitsettings hanteer, te sensor.

Hy meen hierdie voorwaardes gee die staat die mag om sy kliënt weer voor die hof te daag en borgtog terug te trek.

Die staatsaanklaer, mnr. Pieter Smit, het gesê borgtogvoorwaardes is baie algemeen en dit bly wettig vir die beskuldigde om rond te beweeg soos hy wil.

Hy het gesê Nauyoma kon nie op ’n waarskuwing vrygelaat word nie, want dit is 'n baie sensitiewe saak wat reuse- openbare belangstelling uitgelok het.

Landdros Atutala Shikalepo was op die bank.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!