Nauyoma uit op borgtog van N$500
Die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) se aktivis mnr. Dimbulukeni Nauyoma, wat Vrydag met die Windhoekse stadspolisie in Okuryangava slaags geraak het oor beweerde onwettige uitsettings, is gister op borgtog van N$500 vrygelaat. Hy het laat gistermiddag in die Windhoekse landdroshof in Katutura verskyn en is vrygelaat op voorwaarde dat hy nie met die polisieondersoek inmeng nie. Nauyoma, wat inwendige beserings soos gebreekte ribbes ná sy inhegtenisneming opgedoen het, het ná sy hofverskyning na 'n plaaslike hospitaal teruggekeer. Op die foto is AR-leiers mnre. Job Amupanda (regs) en George Kambala (middel), saam met Nauyoma se regsverteenwoordiger, mnr. Kadhila Amoomo. FOTO JEMIMA BEUKES
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie