Navo su00ea Rusland moet Oekrau00efense skepe teruggee
Navo su00ea Rusland moet Oekrau00efense skepe teruggee

Navo sê Rusland moet Oekraïense skepe teruggee

Die FSB het gesê hy is gedwing om op te tree omdat die skepe “onwettig Russiese gebied betree het”.
Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) het Maandag ’n beroep op Rusland gedoen om lede van die Oekraïense vloot vry te laat en die skepe terug te gee omdat daar geen regverdiging vir Moskou se optrede is nie.

“Wat ons gister (Sondag) gesien het, is baie ernstig,” het Jens Stoltenberg, sekretaris-generaal van Navo, op ’n nuuskonferensie gesê ná ’n noodvergadering van dié Westerse militêre alliansie, nadat Oekraïene vir die vergadering gevra het.

“Alle bondgenote ondersteun die onskendbaarheid van Oekraïene se grondgebied en sy soewereiniteit. Daar is geen regverdiging vir die gebruik van militêre mag teen Oekraïense skepe en vlootpersoneel nie. Ons doen ’n beroep op Rusland om onmiddellik die vlootlede vry te laat en die skepe waarop beslag gelê is, terug te gee.”

Die Russiese FSB-veiligheidsdiens (die binnelandse opvolger van die KGB) het vroeg Maandag gesê dat sy bote wat die grens patrolleer beslag gelê het op skepe van die Oekraïense vloot in die Swartsee.

ONWETTIGE AKSIES

Hy het bevestig wapens is gebruik om die skepe te stop, luidens die Russiese staatsmedia.

Die FSB het gesê hy is gedwing om op te tree omdat die skepe – twee klein Oekraïense gepantserde artillerie-skepe en ’n sleepboot – “onwettig Rusland se gebied betree het, gepoog het om onwettige aksies uit te voer en waarskuwings geïgnoreer het”.

Die Oekraïense vloot het Rusland Sondag daarvan beskuldig dat Russiese vegvliegtuie losgebrand het op een van sy skepe.

Gemoedere tussen Rusland en die Oekraïne loop die afgelope drie dae reeds hoog nadat Rusland drie skepe van die Oekraïense vloot toegang geweier het om deur die Kerch-seestraat toegang tot die See van Azof te kry. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!