Navorsers ontleed ‘robbetaal’
Die Namibian Dolphin Project het kragte saamgespan met Franse navorsers om vas te stel hoe Kaapse pelsrobbe kommunikeer.
Elvira Hattingh - Individuele Kaapse pelsrobbe het meer eiesoortige roepe as ander rob- en walrusspesies, wat hulle in staat stel om mekaar te vind - binne die wêreld se grootste en mees digbevolkte robkolonie, Kaap Kruis.
Die Namibian Dolphin Project (NDP) het kragte saamgespan met Franse navorsers van die Paris-Saclay Universiteit en ontdek dat robbe se stemme individueel verskil, wat beteken hulle kan mekaar herken.
Die navorsers het tydens die 2019-’20-paarseisoen 3 800 opnames gemaak van sowat 360 robbe by Pelikaantpunt en Kaap Kruis.
Hulle meen Kaapse pelsrobbe het meer individualiteit in hul roepe as ander rob- en walrusspesies ontwikkel omdat hulle - anders as ander robbe en walrusse - in digbevolkte kolonies woon waar die mannetjies territoriaal is en die wyfie soms moet gaan jag en weer haar welpie moet opspoor om hom te soog.
Kaapse pelsrobbe moes dus maniere vind sodat hul stemme in stampvol kolonies herken sal word.
Die navorsers verduidelik dat robbe, seeuleeus en walrusse, wat as die Pinnipedia-groep van diere bekend staan, baie vokaal is. Die navorsers sê Kaap Kruis, wat die grootste asook mees digbevolkte robkolonie in die wêreld is, is die ideale plek om die diere se kommunikasie te bestudeer.
Tot dusver is die kommunikasie van baie ander Pinnipedia-diere bestudeer, alhoewel wetenskaplikes nog niks oor die kommunikasie van Kaapse pelsrobbe geweet het nie.
ROBBE-TAAL
Die navorsers sê ‘n besoek aan die Kaapse pelsrob-kolonie by Kaap Kruis aan die Skedelkus van Namibië mag dalk soos ‘n chaotiese kakafonie vir mense klink, veral omdat dit na raming 210 000 robbe huisves.
Om in so ‘n digbevolkte kolonie te woon, moet jy egter duidelik kan kommunikeer.
Hulle het ontdek die robbe maak van sowat vyf verskillende roepe gebruik – twee daarvan is wanneer wyfies hul welpies roep, terwyl volwasse robbe deur twee soorte blafgeluide kommunikeer en ook grom om hul gebied teen indringers te beskerm.
Buiten dat die navorsers gevind het die roepe wat robbe maak verskil na gelang van ouderdom en geslag, het hulle ook vasgestel elke rob se stem is uniek. Dit beteken robbe kan mekaar moontlik individueel binne hul kolonies uitken.
Om dit te toets, het hulle roepe van individuele robbe op luidsprekers gespeel vir ander robbe wat direkte verbintenisse met die spesifieke rob het, asook vir robbe wat die individu nie ken nie. Hulle kon op dié manier vasstel wyfies en hul welpies het mekaar se stemme herken, sommer kort ná geboorte.
Die wetenskaplikes het ook gevind dominante mannetjies reageer anders op hul “buurmanne” se blafgeluide as die van vreemde bulle. “Die bulle is skynbaar meer aggressief teenoor vreemdelinge omdat hulle hul buurmanne as ’n kleiner bedreiging vir hul gebied beskou.”
KOMPLEKS
“Die sosiale lewe binne ‘n robkolonie is ingewikkeld omdat robbe van verskillende ouderdomme, geslag en sosiale status almal op ‘n klein strokie op die strand versamel,” skryf die navorsers.
Hulle verduidelik kolonies is in harems verdeel – volwasse mannetjies vestig territoriale gebiede met sowat tien tot 30 wyfies en hul welpies. Die bul bestee die hele teelseisoen – vanaf laat Oktober tot vroeg in Januarie – om sy gebied en harem te verdedig. Hy het selfs nie tyd om kos te gaan soek nie.
Die wyfies skenk geboorte tussen vroeg November en vroeg Desember, terwyl die kleintjies vir tien tot 11 maande aan hul ma’s soog. Die wyfies gaan soek kos en elke keer as hulle na die kolonie terugkeer, moet hulle hul welpies tussen duisende ander kan opspoor.
“Sonder duidelike kommunikasie sal ‘n welpie sy ma verloor en van die honger vrek, terwyl ‘n jong mannetjie dalk in die pad van ‘n dominante, territoriale mannetjie kan beland.
“Om te weet met wie jy in die kolonie kommunikeer, is ‘n saak van lewe en dood,” skryf die navorsers. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie