Navorsers vra hulp om verkleurmannetjie te soek
Navorsers vra hulp om verkleurmannetjie te soek

Navorsers vra hulp om verkleurmannetjie te soek

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Navorsers verbonde aan die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) se biodiversiteitsentrum vra kusbewoners se hulp om vas te stel of die Kaapse dwergverkleurmannetjie wel in die Swakopmund en Walvisbaai-gebiede voorkom.

“Ons kort ’n bietjie hulp met rekords van dié verkleurmannetjie. Hulle is oorspronklik in die 1980’s in die Walvisbaai en Swakopmund-gebied bekend gestel toe mense blomme uit die Wes-Kaap ingevoer het,” het mnr. Francois Theart aan Republikein gesê.

“Ons sal graag meer oor hulle wil leer en hoor of daar wel nog ’n bevolking van hulle in dié gebied is,” het hy gesê. “Die laaste rekord wat ons van hulle het, is in 1989. Ons is nie seker of dit nog in ons land van toepassing is nie.

“Dus is dit belangrik dat ons rekords het om te sien waar hulle voorkom en wat met hulle gebeur het.”

Theart sê eintlik kom dié trapsuutjies slegs in die Wes-Kaap in Suid-Afrika voor. “Hulle is redelik volop in die fynbos waar hulle klein insekte jag.

“In Kaapstad kom hulle ook algemeen in voorstedelike tuine voor waar daar plante groei en genoeg prooi beskikbaar is,” sê hy.

“Die verkleurmannetjie is slegs 14 cm lank en is helder groen in kleur, met flitsstrepe oranje, blou en selfs pienk.

“Een van die grootste bedreigings vir die Kaapse dwergverkleurmannetjie is natuurlik katte! Hulle kan groot bevolkings van verkleurmannetjies in ’n kort tydperk uitwis.”

Theart sê Namibië self het twee soorte trapsuutjies wat bedreig is. “Dit is die Namaqua-verkleurmannetjie wat langs ons kuslyn voorkom, asook die Namaqua-dwergverkleurmannetjie. Dit kom op Oranjemund voor.

“Mense wat egter in die woestyn rondry, stropery en die verlies aan habitat is die grootste bedreiging vir hulle,” het hy verduidelik.

Theart vra dat enigeen wat die Kaapse dwergverkleurmannetjie iewers langs die kus opmerk, hom by 081 290 0343 sal kontak. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!