Naweek opnuut deur verkragtings gekenmerk
Denver Kisting – Talle verkragtings het wéér die afgelope naweek oraloor plaasgevind.
Adj.komm. Kauna Shikwambi (foto), die nasionale polisiewoordvoerder, sê ’n 40-jarige man is in die Evaristus Shikongo-gevangenis in die Oshikotostreek seksueel aangerand terwyl hy geslaap het – na bewering deur ’n medegevangene.
’n Meisie (17) is swanger nadat sy glo in Julie vanjaar op ’n plaas naby Gibeon deur ’n 52-jarige man verkrag is, sê Shikambi. Die verdagte is in hegtenis geneem.
Vyf mans is nog op vrye voet ná hulle glo tussen Julie verlede jaar en Oktober vanjaar herhaaldelik ’n 15-jarige meisie op Ongwediva verkrag het.
Die woordvoerder sê voorts ’n verdagte (26) is aangekeer nadat hy na bewering verlede Woensdag ’n 17-jarige meisie naby Omatjete verkrag het.
’n Man (33) is die afgelope naweek by Outapi aangekeer nadat hy glo Vrydagaand sy 22-jarige meisie verkrag het.
Intussen sê Shikwambi ’n verdagte is voortvlugtend ná hy glo die afgelope naweek ’n 13-jarige meisie verkrag het. Die verdagte is na wat verneem word onlangs uit polisieaanhouding vrygelaat.
In nóg ’n voorval is drie mans van onderskeidelik 21, 22 en 30 jaar oud op Oshakati in hegtenis geneem nadat hulle na bewering Saterdag ’n 19-jarige meisie in haar kêrel se kamer verkrag het.
Twee van die mans is glo neefs van haar kêrel. Volgens Shikwambi was die kêrel nie tuis ten tye van die beweerde voorval nie.
Hiernaas is ’n 39-jarige man op Kalkrand aangekeer weens die beweerde verkragting van ’n 22-jarige vrou Saterdag.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie