Naweek van ongelukke
Augetto Graig - Paaie om die hoofstad bly gevaarlik en die afgelope naweek het verkeie ongelukke bygedra tot die dringendheid van versigtig en veilig ry op die langpad.
Drie mense is op slag dood en nog drie is beseer ná 'n grusame trompop botsing op die snelweg tussen Windhoek en die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, sowat twee kilometer van die permanente padblokkade af (sien foto links). Die ongeluk tussen 'n Toyota Corolla-taxi en 'n VW Caddy het Saterdagoggend gebeur.
Die taxibestuurder was alleen op pad terug na die hoofstad, terwyl vyf mense, wat twee volwassenes, twee tieners en 'n kleuter insluit, in die ander voertuig op pad lughawe toe was. Beide drywers en die ander volwassene is oorlede. Op die toneel het die polisie bevestig dat die oorlede paartjie glo die ouers van die jonger slagoffers was.
Vrydagnamiddag het ’n ongeluk op die brug by die ingang van Okahandja plaasgevind waar 'n lorriedrywer gerem het om 'n ongeluk te vermy. Die vragmotor het geknipmes (sien foto regs). Niemand is beseer nie. Die hele pad en beide bane is gesluit en die verkeer is tot donker ontwrig, ten spyte van 'n ompad deur die nabye 5 Rand Kamp-nedersetting net buite die dorp.
Foto's: Namibia Marshal Rangers

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie