NBC gaan nie meer Golden Globes uitsaai
Die Amerikaanse televisienetwerk NBC het aangekondig hy gaan nie volgende jaar die Golden Globe-toekenningsgeleentheid uitsaai nie.
NBC, wat sedert 1996 die Golden Globes uit die Beverly Hilton-hotel in Kalifornië uitsaai, het dié stap gedoen nadat ’n reeks skandale oor die toekenningsgeleentheid deur die Los Angeles Times onthul is.
Dié skandale sluit onder meer in dat die Hollywood Foreign Press Association (HFPA), wat beslis wie vir Golden Globes benoem word én eindelik wen, uit 86 lede bestaan van wie nie een swart is nie; die HFPA het miljoene dollars aan sy lede betaal het volgens belastingkenners nie strook met bestaande belastingriglyne nie; en die HFPA speel voetjie-voetjie met groot rolprentvervaardigers en “deel benoemings “uit” om vriendskappe te smee.
Die skokonthullings het daartoe gelei dat Netflix, Amazon Studios, Warner Brothers en HBO almal hul bande met die Golden Globes verbreek het, terwyl sowat 100 skakelwese-ondernemings in ’n verklaring saam op grootskaalse veranderinge in die HFPA en met die toekenningsgeleentheid aangedring het.
Die Hollywood-sterre Ava DuVernay, Mark Ruffalo, Scarlett Johansson en Shonda Rhimes het die HFPA ook oor die kole gehaal, en die akteur Tom Cruise het die Golden Globe-beeldjies wat hy in onderskeidelik 1990, 1997 en 2000 gewen het, aan die HFPA terugbesorg.
NBC sê in ’n verklaring hy glo dat die HFPA tot “sinvolle hervorming” verbind is.
“Veranderinge van hierdie omvang (wat die HFPA moet aanbring) neem egter tyd, en ons glo die HFPA het tyd nodig om dit reg te doen. NBC sal daarom nie die Golden Globes in 2022 uitsaai nie.
“As die organisasie (die HFPA) sy hervormingsplan uitvoer, glo ons dat ons die plegtigheid weer in Januarie 2023 sal kan uitsaai.”
Die HFPA, wat bestaan uit buitelandse joernaliste, het op sy beurt bekend gemaak dat hy sy ledetal oor die volgende 18 maande met 50% gaan vergroot en veral gaan fokus op die werf van swart lede.
“Veranderinge ten opsigte van transformasie, wat so vinnig en weldeurdag as moontlik uitgevoer sal word, is tans die organisasie se topprioriteit,” sê die HFPA in ’n verklaring.
“Ons wil ons vennote in die bedryf nooi om saam met ons te werk aan die stelselmatige hervorming wat lank reeds aangebring moes word, nie net in ons organisasie nie, maar ook in die res van die bedryf.”
– Netwerk24
FOTO
Tom Cruise het weens die skokonthullings oor die Golden Globes al drie sy Golden Globe-beeldjies teruggegee. Foto Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie