‘NBC se afpersing selfsugtig, gevaarlik’
Volgens bronne moes ’n private maatskappy en bestuurslede gisteroggend inspring om die regstreekse uitsending van die grondkonferensie waar te neem.
Jo-Maré Duddy – NBC-werknemers het die tweede nasionale grondkonferensie gebruik om die regering af te pers om N$20 miljoen vir salarisverhogings op te dok waarvoor nie begroot is nie en wat onvolhoubaar is, sê die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein.
“Dit is gevaarlik selfsugtige optrede,” het Schlettwein gister aan Republikein gesê.
Die direkteur-generaal van die nasionale uitsaaier, mnr. Stanley Similo, is gisteroggend in sy kantoor gyselaar gehou nadat die NBC Vrydagoggend met die staking van alle radio- en televisie-uitsendings begin het. Volgens bronne moes ‘n private maatskappy en NBC-bestuurslede gisteroggend inspring om die regstreekse uitsending van die grondkonferensie waar te neem.
Volgens Schlettwein is Sondag reeds besluit om die salarisvehogings vir 2016-’17 en 2017-’18 vir 18 maande terugwerkend te betaal. Sekere uitgawes in die huidige begroting van die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie, waaronder die NBC val, is gesny om dié N$20 miljoen te verhaal. Dit is moontlik dat van dié ministerie se ontwikkelingsbegroting in die slag gebly het, het Schlettwein gesê.
Bykans N$345,9 miljoen is in totaal vanjaar vir die ministerie begroot, sowat N$163,4 miljoen of 32% minder as in 2017-’18.
Die ministerie se ontwikkelingsbegroting vir die huidige begrotingsjaar is bykans N$32,7 miljoen, ongeveer N$21,6 miljoen of 196% hoër as verlede jaar.
Die regering se subsidie vir die NBC vanjaar is N$140 miljoen, bykans N$39,6 miljoen of 22% minder as die vorige begrotingsjaar.
“Natuurlik is dit ‘n reddingsboei,” het Schlettwein gesê en bygevoeg daar is nié vir die NBC se salarisverhogings begroot nie.
‘Opportunisties’
Pres. Hage Geingob het Sondag aan Republikein gesê NBC-werknemers is opportunisties. Hy sê hy het onlangs gesien die nasionale uitsaaier het geld gehad om musiekfeeste regstreeks uit te saai. In die huidige geval het hulle egter gewag tot die grondberaad voor hulle weens geld gestaak het.
Geingob het gisteroggend by die grondberaad óók teen die NBC uitgevaar. Hy het die uitsaaier se werknemers daarvan beskuldig dat hulle ‘n agenda het en die grondkonferensie saboteer.
Gevra of hy nie bang is ander staatsdiensamptenare volg die NBC se voorbeeld met dié dat die regering aan hul eise voldoen het nie, het Schlettwein gesê: “Ek is baie ernstig bekommerd.”
Eise
‘n Ooreenkoms is gister deur Similo namens die NBC en die hoofsekretaris van die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu), mnr. Peter Nevonga, onderteken ingevolge waarvan die staking “opgeskort” is.
Luidens dié ooreenkoms sal die 6%-salarisverhogings wat van 1 April 2017 tot 30 September 2018 aan werknemers verskuldig is, vandag betaal word. Voorts sal basiese salarisse van maandeinde af met 6% verhoog.
Geen verhogings in byvoordele vir vanjaar of verlede jaar is toegestaan nie.
Die werknemers het afstand gedoen van verhogings in salarisse en voordele in 2018-’19.
Sou die NBC nie die ooreenkoms ten volle nakom nie, sal die opskorting van die staking met ses ure se kennisgewing opgehef word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie