NBC se bestuur kap terug
NBC se bestuur kap terug

NBC se bestuur kap terug

'n Hofdatum is vir vandeesweek bestem, terwyl een radio-omroeper in aanhouding beland het en president Geingob op terugvoering wag.
Augetto Graig
Augetto Graig



Die direkteur-generaal van die nasionale uitsaaier, die NBC, verwerp in sy beantwoordende beëdigde verklaring alle eise in die aansoek wat die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu) namens stakers ingedien het en sê die aansoek is sonder enige bewyse ingedien. Die aansoek sal komende Donderdag voor die hof dien.

Mnr. Stanley Similo sê die vakbond het eerstens nie die interne geskil se versoeningsprosedure afgehandel nie en dus het die hoërhof nie jurisdiksie oor die kwessie nie.

Hy sê daar is geen dringendheid in die aansoek nie en dat die aansoekers misluk het om hul saak te staaf.

“Die voortsetting van die staking onder die ­bogenoemde omstandighede is onredelik,” sê hy. Similo sê teen 26 Januarie het NBC nog N$7,6 miljoen aan die vakbond aangebied – tussen N$10 000 en N$20 000 per werknemer in die onderhandelingseenheid, afhangend van die subsidie van die regering. Die aanbod is verwerp.

Die vakbond is op 26 Maart ingelig NBC se begroting is met 62% gesny, derdeparty-oorbetaling kan nie meer eerbiedig word nie en dat die vorige aanbod ­teruggetrek word, sê hy.

Die NBC-bestuur is nege dae tevore van die vermindering ingelig, het hy gesê.

“Op 22 April het 67 werknemers besluit om nie te staak nie. Soos dinge nou staan, is 159 werknemers nie by die staking betrokke nie,” sê hy in sy verklaring wat gister ingedien is.

Similo verwerp die beskuldigings dat NBC die ­stakingsreëls oortree. Volgens hom is die NBC “'n tegnologiegebaseerde besigheid wat verskillende mediums van uitsaai ontplooi.

“Geoutomatiseerde mediums van uitsending is al meer as 17 jaar in werking. Die gebruik vir daardie mediums het nie toe óf nou beteken dat enige oortredings van die stakingsreëls in artikel 76(3)(a) van die arbeidswet oortree is nie,” sê hy.

Similo se teenbeskuldiging is dat die stakers die reëls oortree deur, onder meer, die beeld van die NBC in die sosiale media aan te val en waninligting te versprei. Volgens hom moedig die stakers geweld teen NBC-bestuur en niestakende werkers aan en dreig hom met ­kriminele gedrag deur aan te dui dat hulle weet waar hy woon.

Intussen is een radio-omroeper van die NBC agter tralies nadat hy laas week volgens berigte op Ariamsvlei vasgetrek is.

Mnr. Paul (Da Prince) Munanjala was een van die eerste omroepers wat die staking laat vaar het, voordat aantygings na vore gekom het dat hy as Zambiese burger onwettig in die land werk.

Nog 'n verwikkeling is pres. Hage Geingob se verwerping van 'n aansoek deur die vakbond vir Namibiese professionele media (Nampu) om self by die NBC in te gryp.

Me. Christine //Hoebes, minis­ter in die presidensie, het op navraag gesê Geingob wag op terugvoering van die regering op 'n aansoek deur die ­Namibiese ­Nasionale Werkersunie (NUNW) oor die NBC-kwessie.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!