NBC se geldsake duister
Ou skuld en geldtekorte belemmer die nasionale uitsaaier se toekoms, sê die raad.
Augetto Graig – Die nasionale uitsaaikorporasie (NBC) se direkteur-generaal, mnr. Stanley Similo, het gister lig probeer werp op die staatsonderneming se onsekere finansiële situasie.
Die NBC se landswye staking wat deur die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu) verklaar is, kom nadat die regering se nuutste jaarlikse begroting die toelaag aan die uitsaaikorporasie met 68% besnoei het. NBC kry vanjaar net N$127,5 miljoen teenoor N$334 miljoen laasjaar.
By die geleentheid het die adjunkvoorsitter van die NBC-raad, mnr. Tim Ekandjo, gesê: “Die implikasie van huidige finansiering is dat ons sowat 50% van ons werknemers sou moes aflê, net om die maandelikse betaalstaat te laat klop, en dit selfs al het die mense nie gestaak nie.”
Die NBC bestee reeds sowat N$263 miljoen per jaar aan 397 voltydse werknemers, 120 tydelike kontrakwerkers en sy vryskutwerkers wie se getalle van maand tot maand wissel, maar wat in Maart 139 was.
Die vakbond en die stakende werkers eis 'n 8%-salarisverhoging wat die koste van werknemers vir die NBC tot meer as N$284 miljoen sou vergroot, sê Similo.
Similo noem dat die NBC in die finansiële boekjare 2018-2019, 2019-2020 en 2020-2021 geen begrotingstoelaag vir kapitale belegging vanaf die regering gekry het nie. In 2017-2018 was dié bedrag N$40 miljoen en in die laaste boekjaar van 2021/2022 het hulle weer N$58 miljoen gekry.
Hierdie gaping benadeel die NBC se kontantvloei, wat vererger word deur 'n historiese persoonlike belastingskuld (PAYE) wat sedert 2005 tot N$253 miljoen gegroei het.
Hiervan is N$156 miljoen die hoofbedrag, terwyl N$97 miljoen vir rente en boetes geskuld word.
Die NBC-woordvoerder me. Umbi Karuaihe-Upi, sê die PAYE-skuld het ontstaan toe die korporasie persoonlike belasting van werknemers afgetrek het, maar nie kon oorbetaal nie: “Die geld is nie aan die ontvanger oorbetaal nie, omdat daar nie geld was om oor te betaal nie,” het sy gesê.
Hierbenewens skuld die NBC ook sowat N$499 miljoen om sy digitale televisie opdateringsprojek van sy aardgebaseerde senders (“terrestrial”) te voltooi.
Die skuld bestaan uit N$184 miljoen vir Huawei, N$50 miljoen se sendertoerusting wat nog bestel moet word, N$170 miljoen vir siviele werke soos die oprigting van torings, en 'n verlies van N$95 miljoen weens veranderinge in wisselkoers.
Volgens Similo kon die NBC sedert 2016-2017 daarin slaag om elke jaar sowat N$100 miljoen deur eie inkomste in te samel. Nogtans is bedryfskoste meer as N$386 miljoen, waarvan N$263 miljoen, of 68%, aan salarisse en verwante werknemerskoste bestee word.
Similo sê die raad is in gesprek met die lynminister en die ministerie van finansies en hoop die debat oor die nasionale begroting kan 'n drastiese verbetering in die toedeling bring.
“Ons is meer bekommerd oor werksekuriteit. As dinge so bly, sal hierdie besigheid nie van die grond kan kom nie,” waarsku hy.
NBC het aanvanklik vir 'n toelaag van N$417 miljoen gevra en later gesê hulle sou nog met N$334 miljoen 'n plan kon maak. Ekandjo sê: “Die regering het 'n plig om die NBC te finansier” omdat die uitsaaier nie 'n kommersiële staatsonderneming is nie.
• Gister het Napwu-amptenare die stakers by die NBC-hoofgebou toegespreek en gesê die uitsaaikorporasie se raad of bestuur het hulle nog nie gekontak nie. Napwu sal glo vandag 'n verklaring oor die staking uitreik.
Intussen het die Landless People's Movement (LPM) en die nuwe mediavakbond, Namibia Media Professionals Union (NAMPU), beide hul steun vir die stakende werkers verklaar.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie