NBC-staking is op pad
NBC-staking is op pad

NBC-staking is op pad

Augetto Graig
Die nasionale uitsaaier, NBC, se bestuur maan 'n staking deur die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu) is op hande.

Die direkteur-generaal van NBC, mnr. Stanley Similo, het Vrydag werknemers ingelig dat die staking kom nadat die uitsaaier se begroting met 62% gesny is.

Die NBC se begroting vir die ­boekjaar is slegs N$127,5 mljoen, in vergelyking met N$334,1 miljoen die vorige jaar.

“Dit beteken ons kry N$206,6 miljoen minder per jaar, wat 'n maandelikse tekort van N$17,2 miljoen beteken,” skryf hy.

“Die mislukking om die aandeelhouer te oortuig om die subsidie te vergroot, sal natuurlik ­ernstige ­nagevolge vir die maatskappy inhou, ­insluitend die menslike kant van dinge,” waarsku hy.

Verder sê Similo die NBC sal die beginsel van geen-werk-geen-beloning streng tydens die komende staking toepas. 'n Daaglikse salaris, mediesefondsbydrae, pensioenfondsbydrae, behuisingstoelaag, vervoertoelaag en lewensversekeringsbydrae sal vir die duur van die staking van deelnemende werk­nemers afgetrek word.

Ná 'n raadsvergadering op Donder­dag 8 April om die hersiene begroting te bespreek, is die nasionale uitsaaier se fokus nou om te verseker die maatskappy bly 'n ­gevestigde besigheid en dat bykomende uitgawes nie toeneem nie, sê hy.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer